Vrydag was bietjie ‘n dol dag, so ek kon nie ingaan om te gaan oefen nie, so ek dink dis hoekom Jolene vandag vir my gestraf het. BENE, BENE, BENE…hulle is seer terwyl ek oefen. Ek wonder hoe gaan hulle môre voel. Dis ‘n nuwe week met nuwe kos, ek het so uitgesien om ‘n bietjie pap in die oggend te eet. Vanoggend was Kellogs Special K, vir ‘n snack 30 g biltong. Middagete het ek ‘n slaai van tuna, mayonnaise, feta en ertjies gemaak en dan my gunsteling is die aandete waar ek my steak met broccoli, wortel en pynappel kon eet.
- Deur Nelia Liebenberg
- |