13-jarige meisie vermis

Lees ook :

Foto: Annamarie 'Thiart' Maritz
Foto: Annamarie 'Thiart' Maritz

Die 13-jarige Jeneské Conradie van die Hoërskool Diamantveld word vermis.

Haar ma, Antoinette Conradie, sê Jeneské moes vanoggend netbal speel en sy het skool toe gegaan om vir haar te gaan kyk. “Sy was nie daar nie.”

Volgens Antoinette is Jeneské laas by die K & B in Beaconsfield gesien. Sy het gewone klere aangehad.

Mnr. Leon Victor, skoolhoof van Diamantveld Hoërskool, sê die skool is bewus van die voorval.

Enigiemand met inligting kan Antoinette by 0814262892 bel.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App