Ek het die dag begin met ‘n 20 min. fietstrap. Moet sê dit het gehelp vir die stywe bene, en toe het ek baie maagoefeninge gedoen. Dis lekker as mens vir ‘n dag of twee seer is, dan weet jy dit wat jy doen is reg. Ek gaan vanaand vroeg slaap sodat ek morê, die laaste dag, met energie kan aanpak.
