[t4b-ticker]

21 kamers weens onwettige behuising ontruim

Lees ook :

21 kamers op ’n erf in Kaapstadweg in Beaconsfield is ontruim nadat Sol Plaatje-munisipaliteit die uitsetting op bevel 842/18 uitgevoer het.

Inwoners van die woonbuurt in Beaconsfield het die uitsetting verwelkom. ‘n Inwoner het gesê die buurt het ’n probleem met dwelms. Ongewenste elemente word na die buurt gebring. Verdagtes maak van onwettige behuising gebruik om dwelms te smous.

“Voor die uitsetting het ons ’n konstante probleem met vullis in die laning gehad,” vertel die bure aan FiND IT.

Ockie Fourie, ’n DA-wykslid, het bevestig al die onwettige inwoners is uitgesit.

FiND iT het Sello Matsie, woordvoerder van Sol Plaatje, vir kommentaar gekontak, maar het teen die tyd van publikasie geen terugvoering ontvang nie.

*Geredigeer:

Daniel Slammat, ‘n wyksraadslid, het aan FiND iT gesê slaggate in die area is ‘n groot probleem in Beaconsfield, sowel as die stormwaterbrue. FiND iT het Slammat gevra oor dwelms in die area, maar hy het gesê daar is baie min polisie sigbaarheid in die area en dit sal goed wees indien daar meer sigbare polisiëring in die area is. “Ons sal graag ‘n polisie sub-stasie in ons area wil hê sodat mense nie so ver moet loop om klagtes in te dien nie. Greenpoint se polisiekantoor is afgebrand. As jy die beheerkamer bel, wag jy baie lank voordat jy gehelp word.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief