25 kg ligter danksy gesonder leefstyl

Marlene van Niekerk (32) het September 2017 besluit om iets aan haar gewig te doen toe sy byna 100 kg geweeg het. “Ek is van nature groot gebou,” vertel Marlene. “Daar was tye wat ek maerder was, maar het myself in ’n stadium net laat gaan.” Marlene sê sy...

Marlene van Niekerk

Marlene van Niekerk (32) het September 2017 besluit om iets aan haar gewig te doen toe sy byna 100 kg geweeg het.

“Ek is van nature groot gebou,” vertel Marlene. “Daar was tye wat ek maerder was, maar het myself in ’n stadium net laat gaan.”

Marlene sê sy het begin deur dieetpille te drink, “maar dit het nie vir my gewerk nie. Nou stap ek twee keer op ’n dag vir oefening en eet gesond.” Marlene sê sy het liters Coke gedrink op ’n dag, maar het nou afgeskaal na net ’n glasie elke dan en wan. Sy het ook stysel uit haar dieet gesny. “So af en toe sal ek my bederf met ’n lekkerny.”

Hierdie vasberade vrou vertel haar baas se vrou was haar grootste motiveerder en het haar gehelp om weer haar selfbeeld terug te kry. “Ek voel nou so goed oor myself.”

Marlene wat al ongeveer 25 kg verloor het, weeg nou 75 kg en haar doelwit is om 60 kg teen die winter te weeg.
Mense wat Marlene lanklaas gesien het, kyk nou twee keer om haar te herken. Nadat Marlene foto’s van haarself op Facebook geplaas het, het ’n vrou glo vir haar gesê dat sy verby Marlene sou loop en haar nie sou herken na al die gewig wat sy verloor het nie.

Marlene glo waar daar ’n wil is, is daar ’n weg.

Lotto uitslae vir 20 April 2024

Groenewald en Greeff se appèl suksesvol

Omstanders gryp glo vrag van brandende vragmotor

Vier sterf in ongeluk naby Port Shepstone

Bejaarde man se liggaam by Gqeberha-gholfklub gevind

Man wat vrou vermoor, opsny en kook se parool weer geweier

Willem Botha spog met eie parfuum

Onbekende mans sterf toe vragmotor hulle voertuig tref

Mooiweer die naweek verwag

Universiteit van Fort Hare gee binnekort graad aan 19-jarige

Powerball uitslae vir 19 April 2024

Man kry lewenslange vonnis vir verkragting van meisie (12)

Boer soek ’n Vrou se PF en Chantelle verwag ’n dogtertjie

Verdagte op rooftoneel doodgeskiet

 Kyk: Jan Jan Jan en dansende Kwagga vermaak