’n Skool in Randfontein het tans 34 leerders wat swanger is. Na bewering sit al dié leerders nog op die skoolbank om hulle standerd te probeer slaag.
Volgens nuus.info is een uit elke 18 vroulike leerlinge in die skool swanger, en alle moonlike maatreëls wat getref is om dit te voorkom, was nutteloos.
Die skool beskik oor ’n eie kliniek, ’n afdeling waar seksonderrig gegee word en ’n simpatieke span onderwysers, maar dit het klaarblyklik geen bydrae gelewer om die toestand te voorkom nie. Die skoolhoof het glo erken dat alles moontlik gedoen word, maar die skool kon nog nie daarin slaag om die swangerskappe te verminder nie.