VK. – Vier mense is in hegtenis geneem nadat hulle ‘n appel-en-vla-nagereg op die vertoonkas waarin die Britse kroonjuwele gehou word, gegooi het.
Lees ook: Nog 4 verdagtes in hegtenis vir Louvre-roof
Die polisie is geskakel nadat die verdagtes die nagereg op die vertoonkas gegooi het waarin die staatskroon gehou word.
Hulle word aangekla van kriminele skade. Die Take Back Power-groep het verantwoordelikheid vir die voorval aanvaar.
Bronne: BBC, Sky News, The Independent





