Wetenskaplikes vind nog ’n stukkie van die lang-Covid-legkaart

Lees ook :

Foto: Dr. Chantelle Venter

WES-KAAP. – ’n Nuwe studie het vir die eerste keer ’n direkte verband gevind tussen mikrostolsels en sogenaamde neutrofiel-ekstrasellulêre nette (NETs) in die bloed van mense wat aan lang-Covid ly.

Volgens ’n verklaring van die Universiteit Stellenbosch is mikrostolsels abnormale bloedklonte wat in die bloedstroom vorm, terwyl NETs bestaan uit DNS-netwerke wat deur neutrofiele (’n soort witbloedsel) afgeskei word om skadelike kieme vas te vang. Wanneer daar te veel van hierdie NETs vorm, kan dit bydra tot ontsteking en bloedklontverwante siektes. Die navorsers het met behulp van mikroskopie en beeldvloeisitometrie die bloed van lang-Covid-pasiënte met dié van gesonde mense vergelyk. Hulle het gevind dat mikrostolsels by lang-Covid-pasiënte nie net meer voorkom en groter is nie, maar ook ’n duidelike fisiese verband toon met die NETs.

“Hierdie interaksie kan, as dit nie beheer word nie, siektes veroorsaak,” sê dr. Alain Thierry. Hy verduidelik dat die bevindinge moontlik kan help om nuwe merkers vir diagnose te ontwikkel, asook behandelings wat spesifiek op lang-Covid gemik is. Dr. Thierry en sy span van die Montpellier Cancer Institute (IRCM) by INSERM in Montpellier was van die eerstes wat die belangrike rol van NETs in Covid-19 se ontwikkeling geïdentifiseer het. NETs word gevorm deur ’n natuurlike immuunreaksie genaamd NETose, waarin neutrofiele hul DNS uitstoot om dun, draadvormige strukture te maak wat gifstowwe bevat en vinnig skadelike kieme kan vasvang en vernietig. Te veel NET-vorming kan egter nadelige gevolge hê en bydra tot talle ontstekings- en bloedklontverwante siektes, insluitend ernstige infeksies, outo-immuunsiektes, kanker, diabetes en artritis.

Die studie is in die Journal of Medical Virology gepubliseer.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief