Aftreeoord of studentebehuising… Wat kies jy?

Lees ook :

Sol Plaatje-munisipaliteit heroorweeg die opsie om erf 1179 en erf 2715, wat vir studentebehuising bestem is, op tender te plaas, nadat verskeie partye teen die oprigting van studentebehuising opponeer het.

Die erf wat R10 000 000 in 2018 werd was, is op 12 Februarie 2019 deur Sol Plaatje-munisipaltiet aangekondig om oorgedra te word aan NC Millenium Property Developers & Suppliers (Pty) Ltd vir die oprigting van studentebehuising, indien daar geen besware teen die besluit was nie.

Volgens raadslid Phillip Vorster is die saak verwys na die stadsraad vir besluit en gaan die erf waarskynlik op tender geplaas word.

Ander ontwikkelaar beplan aftreeoord op die erf

Frederick Botma van Swanvest-ontwikkelaars sê: “Ek is skepties of die regte tender prosedures gevolg word. Ons het in 2018 aansoek gedoen om die erf te koop vir die ontwikkeling van ’n aftreeoord. Ons was in kennis gestel daar is meer as een applikant. Ons het opponeer, maar tot dusvêr het ons nog geen verdere kennisgewing ontvang nie.”

“Indien die erf op tender geplaas word sal ons weer aansoek doen en indien ons suksesvol is, sal ons met die ontwikkeling van die aftreeoord voortgaan,” sluit Botma af.

FiND iT het Sello Matsie van Sol Plaatje-munisipaliteit genader vir kommentaar maar het geen terugvoering teen die tyd van publikasie ontvang nie.

Voorstelling van die beoogde studentebehuising

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief