TURKYE. – Al 20 weermagpersoneellede wat op ‘n Turkse militêre vragvliegtuig was, is in gister se vliegongeluk oorlede.
Lees ook: Turkse militêre vragvliegtuig met 20 mense stort neer
Die vliegtuig het gister naby die Georgië-Azerbeidjan-grens neergestort terwyl dit op pad was van Azerbeidjan na Turkye.
Georgië se lugbeheerdiens het gesê die vliegtuig het van die radar af verdwyn sonder om enige noodoproep te maak.
‘n Ondersoekspan van Turkye gaan saam met owerhede van Georgië werk om die ongeluk te ondersoek. Die Turkse weermag het gevra dat geen beeldmateriaal of foto’s van die ongeluk gedeel word nie uit respek vir die slagoffers en hulle families.
Bronne: DW – South Africa, The Independent, ABC News
Lees ook: Turkse militêre vragvliegtuig met 20 mense stort neer





