PETRUSVILLE – ’n Blou 1993 Toyota Hilux-bakkie (2.4 diesel), registrasienommer BLH 158 NC, is vanoggend omstreeks 02:00 gesteel.
Die bakkie het swart tralies en ’n bullbar op.
Danie Badenhorst, die eienaar van die bakkie, sê aan FiND iT hulle het vanoggend wakker geword net nadat die bakkie gesteel is. “Die drie honde het aanhou blaf en was almal in een hok, wat nie normaal is nie. My vrou het my kom wakker maak toe sy sien die hek staan oop en die bakkie is nie meer in die erf nie.”
“Ek het buitentoe gegaan en gehoor hoe hulle die bakkie in die straat aansit,” sê hy. Ek het agter hulle probeer aanry, maar kon nie sien waar hulle afdraai nie.
Die polisie het volgens hom aan Danie bevestig die bakkie is op ’n sekuriteitskamera waargeneem en is op pad Colesberg/Oos-Kaap toe.
Indien enigiemand die bakkie sien, skakel vir Danie by 084 402 4217.