Alternatiewe begroting vir 2019/2020 deur DA voorgelê

Lees ook :

Andrew Louw, DA-premierskandidaat van die Noord-Kaap, het op 4 Maart 2019 ’n alternatiewe begroting vir die 2019/2020 finansiële jaar voorgelê.

Verbeter die plaaslike ekonomie deur tydige betalings aan diensverskaffers te maak

Louw sê: “Ons voorstelling plaas prioriteit op tydige betalings aan diensverskavers. So skep jy meer werksgeleenthede en versterk die plaaslike ekonomie. Sylvia Lucas het beloftes gemaak om tydige betalings aan diensverskaffers te verbeter, maar haar beloftes het geen vrugte gedra nie. Een diensverskaffer het my gebel nadat Sol Plaatje versuim het om die verskaffer binne 30 dae te betaal. Behalwe die opgehoopte skuld van R1.5 miljoen het die munisipaliteit in ’n noodreëling vir dienste ’n verdere R450 000 se skuld by dieselfde diensverskaffer opgehoop.”

Verander regulasies van stad om dit makliker te maak vir nuwe besighede

“Veranderinge aan regulasies van die stad word voorgelê om dit makliker te maak vir nuwe besighede om besigheid te doen. Die veranderinge sal die plaaslike ekonomie van die stad bevoordeel en ook help met werkskepping.”

Werkloosheid dryf jeug na misdaad

“Ledige hande is die duiwel se oorkussing. Dit is nie ou mense wat in die nag rondloop nie. Dit is jongmense wat by huisbrake gevang word. Dit is jongmense met die potensiaal om hulle lewens te verbeter wat na misdaad gedryf word weens ’n tekort aan werk. Dit word ook meer algemeen vir mense buite die stad om gekontrakteer te word vir plaaslike posisies wat die jeug van Kimberley van werksgeleenthede ontneem. ”

Grontonteiening sonder vergoeding lewer nie vrugte, vleis of groente nie

“Grondonteiening sonder vergoeding werk nie. Dit het nie vir Venezuela of Zimbabwe gewerk nie. Ons het ook nie die tipe grondhervorming nodig wat Kalahari Kid Corporation handhaaf nie. Nadat 260 bokke van die honger gesterf het toe Kalahari Kid Corporation die bokke na Namibia vervoer het. Ons moet eerder fokus op inisiatiewe wat werk soos die 357 suksesvolle grondhervormingsprojekte wat deur die Wes-Kaapse regering geïmplementeer is.”

Uitwissing van bye en insekte hou ramp in vir landbou

“Die uitwissing van insekte soos bye, wat krities is vir die bestuiwing van gewasse, moet in die fondasie van enige wetgewing oor grondhervorming ingesluit word.”

Die finansies van die Noord-Kaap is in ‘n haglike toestand, maar die DA kan met gemeenskappe onderhandel om hierdie tipe veranderinge na hulle gemeenskappe te bring. Ons kan die plaaslike ekonomie verbeter; dit verg net die politieke wilskrag om dit moontlik te maak,” sluit Louw af.

Alternatiewe begroting vir 2019/2020

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief