Anel Van Aarde het met ’n baie belangrike gemeenskapsprojek begin deur vier van Kimberley se kinderhuise te voorsien met hulle daagikse behoeftes. Nie net met hulle daaglikse behoeftes nie, maar ook met alles wat n kind kan nodig he sodat hy/sy nie minderwaardig moet voel nie.
Haar doel met hierdie projek is “restoring dignity and destiny” in die lewe van die minder bevooregte kinders.
Anel het 7 jaar terug n DVD gekyk waarop daar gevra was “wat breek jou hart?”, omdat dit wat jou hart breek en jou roeping is, gewoonlik dieselfde is. Sy het vir n tyd lank niks daaraan gedoen nie, maar het twee jaar terug begin vrywillingeids werk doen vir die kinderhuise. Dit is toe dat sy werklik die behoefte en noodsaaklikheid gesien het en besluit het om KUP (Kimberley Upliftment Project) te begin.
KUP voorsien vir Destiny House, Christina Kiddie en die twee Bophelo huise van hulle daaglikse behoeftes wat insluit toiletware, kos, klere, doeke, melk ens.
Hulle voorsien ook so ver moontlik skool benodighede, fondse vir skool toere, beddegoed, hare sny ens.
KUP is n nie-regeerings organisasie en is meedendeels afhangklik van donasies en befondsing vanaf die publiek.
Die huis moeders laat weet vir Anel van die benodighede en dan gaan koop sy die voorraad in groot maat aan. Op daardie manier is dit ook goedkoper.
Behalwe vir al die fisiese behoeftes wat die kinders nodig het, het hulle ook tyd, aandag en liefde nodig. Sy wil almal aanmoedig om so jou tyd te skenk vir die kiders en so n verskil in hulle lewens te bring.
Haar droom is om eendag te kan voorsien vir die bejaardes en minder bevoorregte mense van die dorp.
Jy kan gaan na KUP se Facebook blad of self vir Anel skakel by 0823501092 indien jy n donasie wil maak.