Rupert Rossouw, Anneke se man, het Donderdagoggend met dankbaarheid laat weet dat hulle genoeg fondse het vir Anneke se sesde behandeling.
Die Rossouw-egpaar was vroeër die week nog erg bekommerd omdat hulle nie die nodige fondse gehad het vir Anneke se sesde behandeling wat sy Maandag moet kry nie.
Behandeling kos R96 486
Anneke, wat met ’n aggressiewe velkanker, maligna melanoma, gediagnoseer is, moet elke drie weke ’n behandeling kry wat R96 486 per behandeling kos.
Dankbaar
Die volgende inskrywing was vanoggend op die Anneke Rossouw Fund Facebook-blad:
“Ek kan vandag met ’n baie dankbare hart sê ons het Anneke se sesde behandeling van R96 486 betaal en daar is nog +/-R 1 000 in die rekening vir rondte nommer sewe. Ek staan verstom. Dankie dankie dankie vir elke bydrae. Of dit nou R50 of R7500 was, ons is dankbaar. Die pad is nog lank, maar ek glo met als in my dat die Here sal voorsien vir elke behandeling.”
Rupert het vanoggend aan FiND iT gesê hoe dankbaar hy is vir die mense wat hulle help. “Die Here is goed vir ons en Hy kyk na ons,” sê Rupert.
Daar is ‘n trustfonds vir Anneke gestig, hier is die besonderhede: