Bekende hondekos laat glo diere vrek

Lees ook :

‘n Bekende dierekos-handelsmerk het aan die begin van die maand van hulle blikkieskos aan die mark onttrek omdat diere daarvan gevrek het.

Hill’s Pet Nutrition Suid-Afrika het aan FiND iT bevestig dat vyf verskillende blikkies hondekos op 1 Februarie onttrek is. Die kos bevat blykbaar ‘n hoë hoeveelheid vitamiene D wat glo die diere laat vrek. Te veel vitamiene D kan nierversaking veroorsaak.

Die blikkieskos wat onttrek is, is Canine Youthful Vitality Stew, Canine Adult Stew, Canine Metabolic and Mobility Stew. Canine i/d Low Stew en Canine Derm Defence Stew. Elk van die blikkies ibevat 354g hondekos.

Volgens Hill’s Pet Nutrition SA is daar geen bevestigde gevalle van diere wat weens die produk in Suid-Afrika gevrek het nie.

In ‘n persverklaring op hulle webtuiste beveel Hill’s Pet Nutrition SA mense aan om hul honde veearts toe te vat indien die diere van die kos geëet het en simptome soos braking, verlies van eetlus, verhoogde dors, verhoogde urinering, oormatige spoeg en gewigsverlies toon. “Die meeste honde sal volkome herstel,” sê Hill’s Pet Nutrition SA.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief