Besige eerste dag op boedelveiling van wyle Piet Els

Lees ook :

Honderde mense, onder andere plaasboere, besigheidsmanne en Jan Alleman, het omstreeks 11:00 Woensdagoggend 27 Februarie 2019 die plaas Bultfontein besoek vir die bestorwe boedelveiling van wyle Piet Els.

Die voertuie is eerste opgeveil. Die honderde kopers het by die motorhawe op die plaas vergader. Die Mercedes Benz Gelandewagen 280 GE en ’n 2006 Mercedes Benz CLS 63 AMG is deur een koper vir onderskeidelik R190 000 en R185 000 gekoop. Die 2003 Mercedes Benz S 500 het gegaan vir R95 000. Daarna het die 2011 Mecedes Benz ML 500 vir R200 000 verkoop.

Die afslaer het die skare kopers na die bakkies gelei en daarna is verskeie trokke, konstruksievoertuie en asook ’n woonwa wat op die dag beskikbaar is, opgeveil.

Een koper het met ongeveer 50 ton metaalafval vir R85 000 opgeraap.

Yonder het tydens die veiling verversings aan besoekers gebied.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief