Besproeiingskema-bestuurder in warm water na rassisme-beskuldiging

Lees ook :

Werkers by Vaalharts Water-vereniging , op Jan Kempsdorp, het in die week ’n klag van rassisme teen ’n bestuurder hiér ingedien.

In ’n video-onderhoud met die SAUK beweer die werkers hulle word misbruik. “Mnr. Coetzee gebruik die K-woord om ons te beskryf, en gebruik krutaal wanneer hy vir ons opdragte gee,” vertel Alfred Kokwe.

Nog ’n werker, Kenneth Kegoname, sê: “Die K-woord is glad nie vir ons aanvaarbaar nie. Ons word geteister en misbruik. Hy het op ’n voorval sy vinger na ape gewys wat op die perseel gehardloop het en vir ons gesê daar is ons broers en susters. Hy het ons ook bobbejane genoem.”

Niel van Eden, die uitvoerende bestuurder van dié vereniging sê hulle is bewus van die klagte en word ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief