Bly positief oor die droogte

Lees ook :

NOORD-KAAP. – Die droogte wat tans oor Suid-Afrika heers, is ’n stryd vir almal.  Hoe is dit moontlik om gedurende so ’n uitmergelende droogte jou kop in die lug te hou?

Jaco du Toit en vriende wat fokus op die mooi

Droogte nie maklik nie

Wat dryf en motiveer jou om aan te gaan en vorentoe te kyk?  P.G Jansen, ’n boer buite Kimberley, sê dat die droogte nie vir hom maklik is nie. Hy sê hy bly op sy knieë en hoop en vertrou dat die Here ’n uitkoms sal gee. Andries Burger wat buite Ulco boer, sê dat dit vir hom moeilik is om die regte woorde te kry om die droogte te beskryf.

Fokus op die klein goed

Jaco du Toit boer buite Kimberley op die plaas Uitkyk. Christenskap is vir hom baie belangrik in hierdie droogte. “My familie en die mense rondom my is baie ondersteunend en dit help baie.”Hy voeg by dat mens moet fokus op die klein goedjies wat nogsteeds boerdery die moeite werd maak – “Daar is altyd iets mooi daaragter.” Hy sê dat ’n liefde vir boerdery die droogte vir hom makliker maak. 

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief