‘n Boer van Boshof se bakkie is na bewering vanoggend gesteel en binne ure deur die polisie opgespoor.
Piet Niewenhuizen, die boer, sê aan FiND iT sy werker het met sy bakkie gery en toe hy vanoggend wakker word, was die bakkie weg. “Die werker se vriend het die bakkie gevat en daarmee gery. Iemand het die bakkie in Kimberley gewaar en die bestuurder is deur die polisie afgetrek.”
‘n Verdagte is in Cassandra in hegtenis geneem nadat die polisie ‘n verdagte bakkie afgetrek het.
Niewenhuizen sê hy gaan ‘n saak van die besit van eiendom sonder toestemming maak.
Kaptein Tessa Jansen het aan FiND iT bevestig die verdagte sal binnekort in die landdroshof in Kimberley verskyn.