Boeta – Episode 14. Geskryf deur Eric R Kok

Wilson begin lag. Hy skud soos wat lag en toe ewe skielik hou hy op en kyk ernstig na Boeta.  “Heh pa. Kyk hoe bloos jy glad. Jy is verlief.” Boeta vererg homself vir Wilson se verspottigheid. Hy is nie verlief nie. Hy hou net baie van Leticia.  “Hoekom...

Wilson begin lag. Hy skud soos wat lag en toe ewe skielik hou hy op en kyk ernstig na Boeta. 

“Heh pa. Kyk hoe bloos jy glad. Jy is verlief.”

Boeta vererg homself vir Wilson se verspottigheid. Hy is nie verlief nie. Hy hou net baie van Leticia. 

“Hoekom het jy my vertel van daai girl nie bra?” 

Boeta begin aanstap. 

“Want ek en sy het net eenkeer gemeet en hou op uit vra. Ek sal jou volmaak ek kla die getite het.”

“Daai kind is kla gecharm.”

Boeta stamp vir Wilson met sy elmboog. 

Wilson spring weg. 

“Heh pa, wat wou jy my vertel het?” 

Boeta onthou van wat hy die vorige aand besluit het maar hy begin twyfel of dit ‘n goeie besluit is. Dit is die regte besluit maar hy het dan nou al klaar vir sy ma opgewonde gemaak en die geld wat hy sal kry as ‘n pakker en Leticia… 

” Errr. Neh los eers daai bra. Is Leeroy hulle al da by die blom spot?” 

Wilson haal sy selfoon uit en stuur vir Leeroy ‘n boodskap.

“Ek ken nie hoekom kan jy nie self met daai man chat nie.”

“Hy reply vinniger by jou.” sê Boeta kort af en raak weer diep ingedagte. 

By die ou gebou klim hulle vinnig die trappe tot by die tweede verdieping en sien dat Leeroy en Angelo alreeds vir hulle wag. 

Angelo het ‘n dik verband om sy been. 

“Aweh, aweh.” groet Leeroy sommer met hulle se aankom. Hy lyk baie opgewonde. 

Angelo balanseer met sy gesonde been om ook te groet. 

“Awe ouens.”

Wilson staan terug. 

“Heh pa nou wiet jou so toe gedraai met die bandages?” 

Leeroy begin lag. 

“Los die man uit Willa jy laaik gwarra.”

“Maar jy lag.”

Angelo kruppel nog en slaan vir Leeroy met sy vuis teen sy skouer. 

“Kom sê once wat roep jy ons bymekaar.”

Leeroy se smile verdwyn. Hy lyk baie ernstig. 

“Gisteraand was amper ‘n flop met daai moegoes maar guess wat…” 

“Wat?” vra Wilson ongeduldig. 

Leeroy lek eers sy lippe af. 

“Daai Toppie Stoffel. Ek hoor hy slaap met 40 grand onder sy matras.”

“Ja my tannie sê hy laaik nie bank nie…” voeg Angelo by. 

Boeta is ongemaklik. 

“Praat jy van oom Stoffel?” 

“Ja daai toppie wat julle laat huur.”

Boeta skud sy kop in ongeloof. Is Leeroy gerook. 

“Is jy mal bra?!” 

Dit voel vir Boeta asof sy kop draai. Hoe kan hy vir Oom Stoffel beroof. Ja die oom is bietjie hardekwas nou en dan maar hy is orraait. 

Wilson vryf sy hande. 

“As ons kan weer so lekke score soos gisteraand dan is ek Happy.”

Leeroy is meer geïntegreerd in Boeta. 

“Hoe het jy dan gedink is ‘n once off ding bra. Jy het mos kla gesê jys in of raak jy nou bang?” 

“Ek isi bang nie.”

Wilson stamp aan Boeta. 

“Sê die ouens van jou girl.” 

Dit voel vir Boeta of hy in ‘n hoek vas is. 

Word Vervolg. 

Kopiereg © 2019 deur Eric Kok. Teks: Eric Kok. Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie [teks, illustrasies, mag op enige manier voortgebring word sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van die eienaar van Roodepan Stories, Eric Kok, nie.

Kyk: Winkelsentrum in Lesotho loop onder storm deur

NB-Uitgewers maak wenners van jeugromankompetisie bekend

Daily lotto uitslae vir 15 April 2024

Ray en sy Jessica vier sewende huweliksherdenking

Ietermagog van onwettige handel gered

Kyk: Donderstorms saai verwoesting in Margate

Skuil daar slange in jou huis?

Twee seuns verdrink tydens skooluitstappie

Radio-omroeper se debuut in tweede druk

Rudi Claase stel ‘Afrikaans het Gees’ weens swak gesondheid uit

Seun se familie opgespoor

Twee vir ‘knopkieriemoord’ in aanhouding

Werner de Jager in tronk dood

Werksgeleentheid: Logistieke Bestuurder

Werksgeleentheid: Finansiële Bestuurder

Man wat met dubbelmoord-ondersoek kan help, gesoek