Nog net hierdie een job dan gaan hy sy lewe agtermekaar kry.
Uit die hoek van sy oog gewaar Boeta vir Jason hy kom aangestap met sy vriende. Hulle lag en gesels. Elkeen het ‘n bierbottel. Met die verby kom maak Jason asof hy nie vir Boeta sien nie en stap stywe nek verby. Die groep begin gesels weer net toe hulle ‘n paar treë weg is. Boeta vererg homself.
“Hey Jason!”
Jason gee vir Boeta ‘n lelike kyk maar antwoord nie. Sy vriende lag en Boeta wat alreeds moeg is vir Jason wat hom nou al twee maande lank vermy het genoeg gehad.
“Ek sê… Jason!”
Jason hou skielik stil en sy groep doen dieselfde.
“Ja wat is dit?”
Boeta gee ‘n paar tree tot by Jason wat hom aan gluur.
“Ek sê wanneer kry ek my geld?”
‘n meisie fluister in Jason se oor en hy lag. Dus ‘n arrogante lag. Hy gee twee tree nader en staan reg voor Boeta. Hy ruik na sterk drank en bier. Boeta bal sy vuiste en kners sy tande. Jason spoeg op die grond en vat ‘n sluk van sy bier.
“Ek gaan jou geld gee as ek dit het.” sê so asof hy die woorde in Boeta se gesig spoeg.
Boeta kan homself nie meer inhou nie. Hy slaan vir Jason teen sy ken. Jason struikel en die bierbottel val uit sy hande. Sy vriende spring verskrik weg.
Voordat Jason sy balans kan kry is Boeta op hom. Hy probeer terug slaan maar Boeta is vinniger en vir elke hou wat Jason mis slaan, slaan Boeta twee raak. Die meisie gaan tekere soos en skreeu soos ‘n mal wyfie gans.
“LOS VIR JASON. OH MY WORD. HE’S BEATING JASON….” Sy spring die hele tyd rondom hulle.
Jason val agter oor en Boeta is bo op hom. Boeta is blind van woede. Sy vuiste land met harde slae oral op Jason se gesig en eers toe iemand hom van Jason begin af trek, hou hy op met slaan.
Jason se gesig is vol bloed. Sy vriende help hom op en die meisie skel steeds vir Boeta.
“YOU GONNA SEE! I’M GONNA GET MY BROTHER FOR YOU!”
Leeroy hulle verskyn.
“Hey, hey vetsek!” sê hy vir die meisie wat nog steeds skel. Die ander seuns keer haar.
Wilson kom staan by Boeta.
“Heh pa, wat gaan?”
Boeta skud sy kop en kyk na sy hande. Sy vuiste is vol bloed.
“You gonna see!” skel die meisie aaneen terwyl sy weg getrek word.
“Aweh bra wat soek die gemorse van jou af?” vra Leeroy.
“Jissie maar jy het hom lekker ge panel beat.” se Angelo en kom nuuskierig nader.
Boeta is nie lus om te verduidelik nie en ignoreer die vrae.
“Het Leeroy daai ding gelos?” vra Boeta en ondersoek vir Leeroy met sy oë.
Leeroy lig sy hande op en draai in die rondte.
“Ja of course bra.” sê hy.
“Moenie worry nie.” sê Angelo.
“…Ons nodig anyway nie weapons nie.”
Die straat is leeg en meeste grootmense sit nou voor hulle tv’s en soapies kyk. ‘n rondloper hond kom al langs die rye huise en ryk aan elke krag boks en hek.
“Daar gaan stoffels.” sê Angelo skielik.
Almal kyk in dieselfde rigting.
Oom Stoffel stap vinnig. Bybel in die hand.
“Ouens, is daai tyd.” sê Leeroy en begin loop vooruit.
Hulle loop twee-twee. Leeroy en Angelo voor en Boeta saam met Wilson agter.
Boeta kyk na Wilson wat baie opgewonde lyk. Voor by die hoek draai Angelo af en kruppel tot by die geel krag boks. Hy staan en loer vanuit sy donker hoekie.
By Oom Stoffel se huis gaan staan Leeroy en Wilson by die hek. Boeta gaan in om seker te maak daar is niemand. Sy ma moet al by auntie Lulu is en gewoonlik gaan Brendan saam as hy langsaan sal speel nie.
Boeta staan by die hoek van Oom Stoffel se huis en loer na hulle huisie. Die kombuis lig is aan. Dit beteken daar is niemand.
Dis ‘n goeie teken maar tog begin Boeta se hart vinniger begin klop en sy hande voel sweterig. Wat as iets verkeerd gaan…
Skielik verskyn Leeroy en Wilson.
“Heh pa ons wag die hele tyd dan jy ons aan kap…”
Vir oomblik weet Boeta nie wat om te sê nie maar kry ook nie kans nie want Leeroy en Wilson stap verby hom.
“Kom jong ons moet kla maak.” sê Leeroy en pyl reguit na die sitkamer venster.
Hy maak die venster oop.
“Kom…” sê hy vir Boeta.
“Klim jy eerste in.”
Word Vervolg.
Kopiereg © 2019 deur Eric Kok. Teks: Eric Kok. Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie [teks, illustrasies, mag op enige manier voortgebring word sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van die eienaar van Roodepan Stories, Eric Kok, nie.