Leeroy maak die venster oop.
“Kom…” sê hy vir Boeta.
“Klim jy eerste in.”
Boeta se bene beweeg teen sy wil. Hy loop huiwerig na die venster.
“Kom jong ons hetie tyd nie bra.”
Boeta sug en klim in.
Hy land soos ‘n kat op die geteelde sitkamer vloer. Dus half donker en doodstil behalwe vir die dowwe zoom geluid van die yskas iewers in die kombuis.
Boeta knip sy oë ‘n paar keer. Hy beweeg stadig op sy hurke weg van die venster af om plek te maak vir Leeroy wat ook deur die venster klim.
Leeroy land skeef en swik sy voet.
Hy brom ‘n paar vloekwoorde onder sy asem.
“Shhhh!” maak Boeta hom stil.
“Waar is stoffels se kamer?” vra Leeroy.
“Daai kant.” wys Boeta en loop so sag soos wat hy kan vooruit. Leeroy volg hom. Die kombuis lig is aan en Leeroy gaan reguit yskas toe.
“Hey wat maak jy?!” vra Boeta.
“Ek is dors.” Leeroy maak die deur oop en soek na iets om te drink.
“‘n regte kerk broer die. Skaars ‘n bier.” kla Leeroy en draai om met ‘n 2 liter koeldrank bottel in sy hand. Boeta raak ongeduldig.
“Hey jong. Ons moet die geld kry en uitkom.”
Leeroy maak die bottel oop en vat ‘n groot sluk. Hy skep eers asem voor hy praat.
“Ja gaan jy solank ek kom.”
Boeta voel asof hy vir Leeroy ‘n vuishou kan gee. Vir wat staan en mors hy nou so tyd nadat hy die een was wat die hele tyd so opgedruk het.
Boeta besluit om eerder uit sy aangesig te kom en stap na Oom Stoffel se slaapkamer. Hy stoot die half oop deur verder oop en gaan in die donker kamer. By die bed sit hy sy selfoon se flitslig aan en lig die matras op.
Niks.
Hy frons.
Boeta lig die matras hoër op.
Daar is niks. Geen geld.
“Wat maak jy so lank?” vra Leeroy wat die kamer in kom. Hy vee sy mond af.
“Hiers niks.” sê Boeta teleurgesteld.
Leeroy kom nader.
“Hey man…Jy moet reg check bra.”
Leeroy haal ‘n knipmes uit sy sak uit en begin om die matras oop te sny.
“Hey, Wat maak jy!?” vra Boeta verbaas en probeer om vir Leeroy te keer maar hy trek sy hand weg en hou aan om die matras te sny.
Stukkies van die matras se binnegoed val op die vloer.
Leeroy steek sy hand in die binnekant en voel rond. Sy oë raak groot.
“En nou?” Boeta raak angstig.
Leeroy voel weer. Hy kyk na Boeta.
“Hies niks.”
“Hoe bedoel jy niks??”
Boeta kan voel hoe sy moed begin sak. Al die moeite gedoen net om niks te kom kry.
Hy sluk.
“Hoe nou?”
Leeroy dink vir ‘n oomblik en begin rond kyk.
“Keer die bed om.” sê hy en begin om die voete ent van die base op die lig.
Boeta help en saam laat staan hulle die base regop. Hulle kyk op dieselfde tyd vir mekaar. ‘n lang stuk geel selotape loop reg in die middel van die base af. Boeta knik vir Leeroy en hy trek die stuk selotape af. Hy steek sy hand binne in en voel rond. ‘n groot smile verskyn op sy gesig en hy trek weer sy hand terug. Leeroy hou ‘n bondel honderd rand note vas.
“Kry ‘n sak.” sê hy opgewonde.
“Watte sak?” vra Boeta.
“Enige sak, ‘n plastic sak.”
Boet spring weg en uit die kamer kombuis toe. Daar kry hy die kombuis tafel is vol brood en smeer goed. Leeroy het homself gehelp.
Boeta skud sy kop en soek in die kombuis kas se laaie vir ‘n plastic sak.
Hy kry niks en sien een agter die deur wat vuilgoed in het.
Beter as niks.
Hy gryp dit en vlieg terug kamer toe waar Leeroy alreeds van die geld op die vloer uitgooi.
Saam begin hulle die geld in die plastic sak sit. Sommige is twee honderd rand bondels, netjies met rekkies vasgemaak.
“Ons is weer ryk vanaand…” spog Leeroy.
Boet voel verlig dat hulle die geld gekry het. Hy gaan nie ‘n sent daarvan vat nie om vir die ander te wys dat hy ernstig is om op te hou met die misdaad. Ewe skielik hoor hy ‘n geluid by die voordeur.
Hy en Leeroy kyk na mekaar en luister.
Dit klink asof iemand die voordeur oop sluit.
Dis onmoontlik. Oom Stoffel kan nie so vroeg al terug is van die biduur af nie….
Boeta en Leeroy het die geld gekry maar is steeds binne in Oom Stoffel se huis en daar is iemand by die deur…
Word vervolg.
Kopiereg © 2019 deur Eric Kok. Teks: Eric Kok. Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie [teks, illustrasies, mag op enige manier voortgebring word sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van die eienaar van Roodepan Stories, Eric Kok, nie.