Boeta – Episode 18. Geskryf deur Eric R Kok

Dit klink asof iemand die voordeur oop sluit. Dis onmoontlik. Oom Stoffel kan nie so vroeg al terug is van die biduur af nie…. Sonder ‘n woord druk Leeroy en Boeta nog van die geld in die plastic sak. Die deur gaan oop.  Hulle spring op en laat staan...

Dit klink asof iemand die voordeur oop sluit.

Dis onmoontlik. Oom Stoffel kan nie so vroeg al terug is van die biduur af nie….

Sonder ‘n woord druk Leeroy en Boeta nog van die geld in die plastic sak. Die deur gaan oop. 

Hulle spring op en laat staan die bed weer so saggies as hulle kan en sit die matras terug. 

Die persoon by die deur sing ‘n deuntjie. 

Boeta gryp die komberse en Leeroy die kussings. Saam maak hulle die bed so netjies as wat hulle kan weer reg. 

Die gesingery stop en die persoon praat met homself. Boeta erken daai stem. Dus oom Stoffel. 

Hy voel hy sy nekhare pen regop staan. 

Wat nou… 

Boeta kyk rond vir ‘n wegsteek plek. 

Agter die gordyn… Onder die bed… In die hangkas… Die kamer het nou baie vinnig kleiner geword. 

Leeroy spring om en stoot die deur saggies toe. Hy wys vir Boeta met sy vinger op sy lip om stil te bly. 

Boeta besluit om homself onder die bed weg te steek. 

Hy kan vir Oom Stoffel steeds in die kombuis  met homself hoor praat. 

Onder die bed kom Boeta agter dat hy sy voete uitsteek. Hy is te lank. Leeroy spring agter die gordyn in en draai homself toe. Hy loer vinnig na Boeta en verdwyn heeltemal. 

Boeta weet nie of hy eerder vir hom in die hangkas moet gaan wegsteek nie. 

Hy hoor voetstappe. Oom Stoffel is op pad na die slaapkamer. Boeta probeer homself so klein as moontlik te maak. Hy loer weer. 

Oom Stoffel praat weer. 

“Wat gaan hier aan?!” sê hy hard op. Sy stem is baie diep. 

“Ek… Ek het ‘n seer maak ding!” sê hy dreigend. Sy skaduwee val by die slaapkamer se ingang. Boeta draai sy kop en sien Oom Stoffel staan by die deur. 

“Ek sê as jy hier binne is gaan jy spyt wees!”

Oom Stoffel draai skielik om en verdwyn. ‘n beweging by die venster trek Boeta se aandag. Leeroy loer en vra vir Boeta met sy hande of hulle kan loop. 

Boeta skud sy kop. Oom Stoffel se voetstappe is weer hoorbaar. Hy loop vinniger terug. 

Boeta draai sy kop en sien die glans van die golf stok in Oom Stoffel se hande. 

Vandag word hy aangerand met ‘n golf stok. Boeta lê en wonder hoe dit voel om met ‘n golf stok geslaan word… 

Oom Stoffel kom dreigend nader. 

“Ek gaan nie wee vra nie. Ek moker net as ek jou kry!” 

Boeta maak homself nog kleiner. Oom Stoffel gee ‘n paar treë na die hangkas en ruk die deur oop met sy vry hand. 

“Klim uit duiwel!!” 

Hy steek met die golf stok tussen die klere. 

Oom Stoffel draai weg van die hangkas af en kyk rond in die kamer.

“Wat het hier gebeur… My bed!!” Hy kom stadig nader na die bed. 

Dit voel vir Boeta of sy hart gaan staan. 

Boeta loer vinnig na Leeroy. Oom Stoffel het hom nie gesien nie. 

Leeroy het sy knipmes en wys vir Boeta met sy oë dat hy…. Dat hy vir Oom Stoffel gaan steek. 

Boeta maak sy oë groot en skud sy kop. Leeroy wys dat Oom Stoffel vir hom onder die bed gaan kry. 

Boeta skud weer Sy kop. Die golf stok slaan teen die bed. 

“KOM UIT SATAN. EK SLAAN JOU VREK VANAAND.”

Boeta weet nie wat om te doen nie. As Oom Stoffel hom sien… Sy ma gaan baie teleurgesteld wees in hom. 

Wat as hy tronk toe gaan. 

Boeta maak sy oë toe. Wat gaan hy nou doen. Hier lê hy vasgekeer soos ‘n rot in Oom Stoffel se huis. 

Ewe skielik hoor hy ‘n geluid en maak sy oë oop. Leeroy spring agter die gordyn uit en bevlieg vir Oom Stoffel. Hy hou die knipmes bo sy kop. Reg om te steek. Oom Stoffel staan geskok. Hy probeer keer. 

“Leeroy Nee!!” 

Oom Stoffel het agterkom iemand is in sy huis en het sy golf stok gaan haal. Leeroy het besluit om vir oom Stoffel aan te val. 

Wat gaan Boeta doen? 

Word Vervolg. 

Kopiereg © 2019 deur Eric Kok. Teks: Eric Kok. Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie [teks, illustrasies, mag op enige manier voortgebring word sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van die eienaar van Roodepan Stories, Eric Kok, nie.

AfriForum sal help met eerste dagvaardiging vir uitstaande e-tolgelde

Vrou sterf tydens tref-en-trap

Buurman skuldig nadat buurmeisie (13) geboorte skenk

Paar vir versekeringsbedrog en geldwassery gevonnis terwyl een in tronk is

Lotto uitslae vir 13 April 2024

ACSA sê oor brandstoftekort op lughawens

KYK: Water uit ‘n toilet as ‘gesuiwerde water’ verkoop

As dit nie jy kan wees, soek ek niemand anders nie…

Een sterf en een kritiek toe voertuig tydens ongeluk rol