Boeta – Episode 19. Geskryf deur Eric R Kok

Lees ook :

Ewe skielik hoor hy ‘n geluid en maak sy oë oop. Leeroy spring agter die gordyn uit en bevlieg vir Oom Stoffel. Hy hou die knipmes bo sy kop. Reg om te steek. Oom Stoffel staan geskok. Hy probeer keer.

“Leeroy Nee!!”

Boeta kruip vinnig onder die bed uit en stamp sy kop. Alles gebeur so stadig. 

Oom Stoffel lig die golf stok om te keer. Leeroy gryp vir Oom Stoffel aan sy collar en steek. Die skerp mes tref vir Oom Stoffel in sy maag. 

“Einaaa!!” skreeu Oom Stoffel. 

Boeta is op sy voete en spring oor die bed maar Leeroy trek die bebloede mes weg en steek weer. 

Hy steek vir Oom Stoffel nog twee keer in sy heup. Oom Stoffel sak inmekaar op die vloer. 

Boeta gryp sy hand. 

“LEEROY.”

Leeroy kyk hom aan met groot diep donker oë.

“HOU OP.”

Leeroy knip sy oë ‘n paar keer en na die bloedrooi mes in sy hand toe na Oom Stoffel wat om die vloer lê. 

‘n donker poep bloed vorm langs Oom Stoffel. Sy oë is toe. 

“WAT HET JY GEDOEN?” vra Boeta geskok. 

Hy knie by Oom Stoffel maar twyfel om aan hom te vat. 

“Wat het jy gedoen…” herhaal Boeta. 

Skielik gryp Leeroy vir Boeta en trek hom weg. 

“Kom bra. Ons moet line!”

“Nee ons kan nie vir Oom Stoffel so los nie…”

Leeroy trek weer aan Boeta. 

“HEY ONS MOET LINE BRA. NOU.”

Boeta probeer vastrap maar Leeroy is sterker. 

Leeroy druk die plastic sak in Boeta se hande. 

“Ons kan nie hier bly nie!” sê Leeroy weer en stoot vir Boeta uit by die kombuis deur. Hy het vir Boeta aan sy t-shirt beet en trek hom by die trappe af. 

Boeta voel lam. Hy voel naar. Hy kan nie ophou dink aan Oom Stoffel se bebloede liggaam nie… 

Wilson verskyn. 

“Heh pa wat gaan aan?” vra hy en volg vir Boeta hulle. 

“Ek wag julle daar agter…” 

“Hey man bly eers stil!” skel Leeroy. 

Hulle drafstap uit by die voorhek. Angelo gewaar hulle en begin aanstap. Hy loop ‘n hele ent voor uit. 

Boeta kyk terug na Oom Stoffel se huis. Kombuis deur staan half oop en die res van die huis is donker. 

Vir Boeta voel alles soos ‘n droom. Hy kom nie eers agter dat hulle al by die ou gebou is nie. Eers toe Wilson weer met hom praat reageer hy. 

“Heh, pa wat gaan aan? Wat het gebeur??” 

“Daai ou toppie het geflop…” sê Leeroy en probeer die bloed van sy hande af vee. 

Angelo se oë is groot. Hy sê niks. 

“Ek moes iets doen bra.” 

Boeta gluur vir Leeroy aan. Dis deur hom dat Oom Stoffel nou lê en moontlik dood bloei. Dit was alles sy dom idee. Dis alles sy skuld. 

“JY!!” Skreeu Boeta en bevlieg vir Leeroy. 

Hy gryp hom aan sy keel en wurg. Leeroy probeer los kom maar Boeta is sterker. Hy ruk vir Leeroy rond. 

“Heh pa… Wat is dit nou??” Wilson probeer keer maar Boeta hou vas. 

Boeta is blind van woede. 

“Ek gaan jou vrek maak!!!” 

Boeta hulle het weggekom maar nou baklei hy en Leeroy. Is Oom Stoffel dood? 

Word Vervolg. 

Kopiereg © 2019 deur Eric Kok. Teks: Eric Kok. Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie [teks, illustrasies, mag op enige manier voortgebring word sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van die eienaar van Roodepan Stories, Eric Kok, nie.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief