“Maar ma…”
“Nie maar ma nie. Ek sê trap Boeta!”
Titus vou haar arms. Sy is woedend.
Boeta kan nie glo dat sy ma hom wegjaag nie. Soos ‘n hond. Brendon kom nader. Sy oë blink.
“Boeta moenie loop nie.”
“Brendon gaan in die huis!”
Brendon kyk na sy ma.
“Hoekom jaag mammie vir Boeta weg?”
Brendon se onderlip begin bewe en die trane is baie naby.
“Mammie hoekom…”
“Ek sê gaan in die huis!” Titus stoot vir Brendon weg.
“Is okay ma. Ek gaan loop.” sê Boeta. Hy probeer sy bes om sy trane te keer.
“Ek gaan loop.” sê hy weet.
“Nee Boeta moenie loop nie!” skreeu Brendon en hardloop reguit in Boeta se arms.
Boeta omhels vir Brendon wat begin huil.
“Moenie worry nie. Ek gaan nie lank weg wees nie.”
Boeta glimlag.
“Hey. As jy belowe om te hou huil dan belowe ek om gou weer terug te wees. Okay?”
Brendon knik.
“Vee af jou trane.”
Boeta kyk na sy ma wat met haar arms gevou staan.
“Bye ma.”
Titus draai haar kop skuins en maak kamma asof sy nie omgee nie maar sy steek eintlik haar eie trane weg. Boeta draai om en stap weg. Hy maak die hek agter hom toe en tel sy besittings op.
Die nuuskierige neighbors se oë brand nog op hom.
Die son het al gesak. Dis heelwat donker. Boeta besluit om slaapplek te gaan vra by Wilson.
Boeta hou sy kop hoog. Hy weet oom Jerry staan kyk van sy stoep af met sy koppie tee in die hand. Die skinderbek.
Uiteindelik vat hy die draai in Wilson se straat en kan hy bietjie ontspan. Al kan hy in Wilson hulle se garage slaap vanaand solank hy ‘n lêplek het vir die nag. Wilson se ma sal nie omgee nie maar sy pa. Boeta wil nie eens dink aan uncle David wat jou sommer met die vuiste slaan.
Die voordeur deur by Wilson hulle staan half oop en ‘n mens kan die tv uitmaak in die sitkamer.
Boeta gaan staan voor die hek. Hy haal sy selfoon uit sy sak maar die battery is pap. Hy sug.
“Willa. Willa.” roep hy.
Die deur beweeg en gesig verskyn. Dis uncle David.
“Wat is dit?!” vra hy rof.
Boeta huiwer eers.
“uhm. Naand uncle David. Is Wilson hier?”
Geen antwoord.
Die deur gaan wyer oop.
“Vir wat soek jy hom!?”
Boeta weet glad nie wat om te sê nie.
“Errr…”
“Daai sleg hel is daa agter!”
Die deur gaan toe met ‘n harde klap geluid.
Boeta besluit om in te gaan. Hy tel sy sakke op en maak die hek oop.
Wilson sit en rook seker weer onder die perske boom.
Boeta vat die draai agter die huis en sien vir Wilson wat besig is om sy tekkies te skrop.
“Nou vir wat skrop jy tekkies die tyd van die nag.”
Wilson kyk op na Boeta en frons.
“Stress pa stress.”
Boeta gaan nader en die sakke sleep langs hom op die grond.
Skielik hou Wilson op met sy geskrop en kyk na Boeta.
“Heh pa, And then??”
Boeta sug saggies.
“‘n man is uitgesit bra. Die tannie het my soos ‘n sleg hond weggejaag.”
Wilson se oë raak groot en hy stamp amper die skottel om van skrik.
“Het sy uitgevind van daai toppie bra??”
“Nee van my kammakastige span by die computer shop…”
“Watse computer shop??”
“Ek het mos vir haar gelieg.”
Wilson kyk na Boeta se swart sakke.
“Nou hoe gaan jy nou maak bra?”
“Ek kom vra bly plek by jou.”
Wilson kyk vinnig huis se kant toe.
“Joh bra…Ek sal nie kan nie.”
Boeta frons. Hoor hy nou reg. Sy beste vriend weier sommer so maklik om vir hom te help.
“Hoekom nie?” vra Boeta verbaas.
“Want jyt mos jou besluit gemaak so Ek sien nie kans om my tyd met ‘n beter man soos jy te mors nie.”
Boeta is geskok.
“Hey Willa wat se jy?”
“Ek sê ons se vriendskap is verby.”
Wilson buk weer by die emmer en begin skrop sy tekkies. Boeta staan oopmond.
WORD VERVOLG.
Kopiereg © 2019 deur Eric Kok. Teks: Eric Kok. Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie [teks, illustrasies, mag op enige manier voortgebring word sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van die eienaar van Roodepan Stories, Eric Kok, nie.