Boeta – Episode 25. Geskryf deur Eric R Kok

Lees ook :

“Hoe bedoel jy ons se vriendskap is oor bra?” 

Wilson hou aan om sy tekkies te skrop. 

“Ek sê mos so.” Wilson lig sy skouers op en vermy Boeta se oë. 

“Net omdat Ek besluit het om my te onttrek van iets af wat ons in die tronk sal laat beland…” 

Wilson skud sy kop. 

“Nee pa omdat jy weet is moeilik om span te kry sonder matriek en omdat jy weet ek het responsibilities maar daai is iets wat jy nie sal verstaan want jy hetie ‘n laaitie nie!” 

Die woorde tref vir Boeta soos ‘n klap. 

“Hey bra jy praat van responsibility maar dink jy aan jou laaitie of wil jy hom groot maak in die tronk!?” 

Wilson kyk na Boeta. Sy oë blits. Hy wys vir Boeta met die skrop borsel. 

“Jy moetie vir my stront kom vertel nie!” 

“Ek vertel jou net die waarheid!”

Wilson stoot sy bors uit. 

“Heh pa. Vat jou waarheid en waai!” 

Boeta het genoeg gehad van Wilson se houding. 

“Fine. Is nxa. Ek loop.” Boeta tel sy swart sakke op en gee vir Wilson nog ‘n laaste kyk voordat hy om draai en wegloop. 

Boeta voel seer gemaak en kwaad op dieselfde tyd. Wilson kan maan toe vlieg hy en Angelo en veral Leeroy. 

Die straat is stil en donker. ‘n pikswart kat hardloop oor die pad en verdwyn agter ‘n bruin krag boks. Waarheen nou? 

Miskien kan hy vir Leticia slaapplek vra. Boeta blaas deur sy neus. Imagine. Sy sal hom beslis wegjaag. Boeta kyk op na die hemele en sien dat die maan helder skyn maar dis geen troos vir sy droewige situasie. 

Sal bid help? Hy kan skaars onthou wanneer laas hy gebid het. Boeta laat sak sy kop in skaamte en stap doelloos verder. 

Sy selfoon vibreer ewe skielik. Dit het nou seker gevrek maar tog haal hy dit uit sy sak in die hoop dat dit dalk ‘n boodskap van Wilson af is. 

Die skerm is baie dof en die battery is op 2%.

Message from Leticia lees die notification. 

Sy hart spring. 

Boeta maak dit vinnig oop. 

‘Hey. I’m still waiting on your call… Or were you just leading me on?? ☹️☹️’ 

Die battery lê nou op 1%.

Boeta weet dit sal enige tyd doodgaan. Moet hy vir Leticia terug bel of ‘n boodskap stuur. 

Hy besluit om te bel en druk die Call opsie. 

Haar selfoon lui vir ‘n hele rukkie. Boeta bid dat sy tog op tel. 

“Helo…” 

Dus Leticia. Haar sagte stem klink agterdogtig. 

“Err. Hi Leticia. It’s Boeta…”

Stilte. 

“Boeta. Oh so now you call after making me wait the whole day. Who do you think you are…”

“Listen my battery is very flat, my phone will die soon. Where do you stay?” 

“I told you then in white city.” antwoord Leticia. 

“What’s your address?” vra Boeta dringend. 

Weer stilte. Boeta hoor iemand in die agtergrond praat. Dit klink soos ‘n vroumens, seker Leticia se ma. 

“Uhm, listen I have to go now, can we talk later?”

Nee. Nee, dink Boeta. 

“Wait first tell me where…” voordat Boeta sy sin kan voltooi eindig die oproep. 

“Leticia…. Leticia…??” 

Boeta sug. Hy kan haar nie blameer nie. Wie sal tog nou sommer net… 

TING! 

‘n boodskap. Dit is van Leticia 

‘ Hey. Sorry mom’s here. I live at 45 Akkerboom street. Let me know when you here.??’

‘n breë glimlag vorm om Boeta se mondhoeke. Hy voel verlig. 

Al sal Leticia nie vir hom slaapplek kan gee nie sal hy net bly wees om ‘n vriendelike gesig te sien. Na al die drama van vandag nodig hy dit. Boeta het sommer nuwe energie gekry en hy stap vinnig aan. Hy kies ‘n kortpad deur die sokkerveld. 

Leticia gaan hom steeds uit skel omdat hy so stil was maar dit maak nie saak nie net solank hy haar kan sien. 

In white city moet hy deur ‘n straat gaan waar amper elke huis ‘n hond het. Een groot hond wat meer soos ‘n wolf lyk spring so hoog dit lyk amper dit sal oor die muur kom. Boeta begin draf en vat uiteindelik die draai in Akkerboom straat. 

Hy gaan staan eers en skep asem. Hy staan voor huis nommer 37. Leticia se huis is nog drie huise weg. 

Skielik hoor hy ‘n gefluit agter hom. Hy kyk om en sien drie figure wat aan gestap kom. 

“Aweh. Aweh. Aweh. Kyk wie kry ons hier.”

Dus Jason met twee van sy vriende wat aan weerskante van hom loop. Iets blink in Jason se hand. Dus ‘n ketting. 

WORD VERVOLG. 

Kopiereg © 2019 deur Eric Kok. Teks: Eric Kok. Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie [teks, illustrasies, mag op enige manier voortgebring word sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van die eienaar van Roodepan Stories, Eric Kok, nie.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App