Roodepan Stories: Boeta – episode 28

Lees ook :

Leticia kniel by Boeta, maar is te bang om aan hom te raak. 

Sy gesig vol droë bloed en grond. 

“Boeta…”

Hy lê op sy maag en dit lyk amper asof hy slaap. Leticia steek haar uit en vat aan sy skouer. 

Sy skud versigtig aan hom. 

“Boeta is jy okay?” 

Hy kreun skielik en sy skrik. 

Leticia val amper agteroor maar kry vinnig haar balans. 

Boeta maak sy oë oop en vlieg verskrik op. 

“Los my uit!” sê hy en dreig met sy vuis. Sy oë is wild. 

“Dis ek…”

Boeta knip sy oë ‘n paar keer. Die opgeswelde een beweeg skaars. 

‘n Meisie staan voor hom. Sy lyk geskrik. Hy ken haar. 

“Leticia?” Boeta kyk rond asof hy verwag dat sy aanvallers enige oomblik sal verskyn. 

“Is okay,” sê Leticia en sit haar hand op sy skouer. 

“Wat het gebeur Boeta, wie het jou so geslaan?” 

Boeta vat aan sy kop. Hy onthou gedeeltelik van die aanval. Jason en sy twee vriende het hom aangerand. Hy begin bewe, sy liggaam is yskoud. 

“Come let me clean your wounds then you can tell me what happened.” 

Boeta vat aan sy gesig en  voel iets hard. Dis droë bloed. Sy t-shirt en broek is geskeer en hy is kaalvoet. Hy weer rond. 

“Wat soek jy?” vra Leticia. 

“My goed… Hulle het al my goed gevat.”

Boeta se oë raak wasig en hy kan die trane nie keer nie. Hy begin huil. 

“Ek het alles verloor.” 

Leticia kom nader en gee hom ‘n drukkie. 

“It’s orite. Come inside.”

Sy hou haar arm om sy skouer en stap saam met hom in by die hek na die voordeur. 

Leticia sluit die deur oop en hulle gaan in die huis. 

Boeta stamp per ongeluk teen die tafel. 

“Shhhhhh. My mother is sleeping.”

Leticia kyk af in die gang. 

“Sorry.”

Boeta trek ‘n stoel uit en sit. 

“I’ll be back now.” sê Leticia en verdwyn vinnig. 

Boeta sit en kyk rond. Die kombuis is baie groot en lyk baie modern. Daar is selfs ‘n dishwasher. 

Ja nee dink Boeta homself. Hy is glad nie op Leticia se level nie. ‘n Skielike pyn skiet deur sy ribbekas. Jason en sy vriende het hom behoorlik aangerand. 

Leticia kom terug met ‘n first aid kit en sit dit op die tafel neer. 

Boeta sit en hou haar dop. Sy pak alles netjies uit en kyk op na hom. Sy glimlag. 

Boeta probeer terug glimlag. Leticia draai weer weg op pad badkamer toe. 

Boeta voel so skuldig en skaam dat hy nou hier in Leticia hulle se huis sit en dat sy vir hom moet dokter. 

Sy kom weer terug met ‘n waskom en handdoeke. 

Sy sit dit noukeurig neer op die tafel. 

“Take of your t-shirt…” Boeta kyk verbaas op na haar. 

“You have a cut on your arm, Boeta.” Boeta loer gang toe. 

“It’s okay as long as we don’t wake my mother up. Now take off your t-shirt.”

Boeta weet hy het geen keuse en maak soos wat sy sê. ‘n Skerp pyn steek soos ‘n mes deur sy skouer. 

Hy kreun. 

Leticia help hom en hang sy bebloede t-shirt oor een van die stoele. Sy vat sy arm en trek haar gesig toe sy die oop wond sien. 

Sy kyk na hom. 

“Wat het gebeur Boeta?” 

Boeta probeer haar vraende oë vermy en kry’n knop in sy keel. 

“Te veel dinge het verkeerd gegaan, maar dis my skuld. Ek het dit alles verdien.”

Leticia maak die handdoek in die lou warm water nat en maak Boeta se wond skoon. Hy kreun weer. 

“Boeta ek hou baie van jou, maar vandag vra ek vir jou om net eerlik te wees met my asseblief.”

Boeta kyk eers weg. Waar begin hy ooit en wat alles vertel hy. 

“Is ‘n lang storie,” sê hy en kyk vloer toe. 

“Is orite, I have all the time in the world.”

Boeta sug en kyk na Leticia in haar mooi sagte oë. 

“Ek wou jou net impress. Wat het ek om te offer vir  ‘n girl soos jy. Jy’s mooi en slim en jou mense is uitgesort…Ek het graad elf gedruip en sukkel om werk te kry…”

“Hoe bedoel jy Boeta, jy werk dan…” 

Boeta pause en skep moed voordat hy verder praat. 

“Ek het gelieg, ek het vir almal gelieg en vir ma…”

“Wat praat jy nou Boeta?” Leticia sit regop en kyk vir Boeta stip aan. 

“Ek het by Dulah ingebreek en sy vrou geroof.”

Dit lyk amper asof hy vir Leticia geklap het. Sy lyk geskok. 

“Boeta…” 

“Ek wou jou net impress Leticia dis hoekom ek gelieg het.”

Leticia staan vinnig op en stamp per ongeluk die waskom. 

“You tried to impress me really. By not only lying but robbing people!” 

Boeta kyk verskrik gang toe. 

“Shhhhhh. Jou ma…”

“Ek is niks geworry!” 

Leticia skud haar kop. 

“I think you should leave. Now.”

Sy begin bewe van woede en vou haar arms. 

“Leticia I’m sorry… I just wanted.”

Leticia se oë blits. Sy gee vir Boeta ‘n kwaai kyk. 

“I said get out!” Sy stap vinnig deur toe en maak dit oop. 

“I never want to see you again.”

Boeta staan op van sy stoel af en probeer sy arm om Leticia se skouer sit maar sy trek weg. 

“Leticia give me a chance, let me make it up to you. I promise I will change…”

Leticia vermy sy oë en kyk uit by die deur. 

“You had your chance to be honest the first time we met.”

Boeta probeer weer. 

“I will make things right I swear it.”

Leticia maak keel skoon. 

“If you don’t leave now my mom will get up and you don’t want that.”

Boeta besef dat daar niks is wat hy kan sê wat haar van besluit sal laat verander. Hy tel sy t-shirt op en stap uit. 

By die hek kyk hy om en sien hoedat Leticia die voor deur toe maak. 

Boeta is moedeloos. Sy ma het hom weggejaag, hy is aangerand en van sy besittings beroof en nou wil Leticia hom nooit weer sien nie. Boeta begin loop af in die straat. Hy het besluit om eerlik te wees en weereens gee die lewe vir ‘n taai klap in sy gesig. Wat help dit om te try, om dinge te probeer reg maak. Waarvoor sal hy nou lewe want hy het sy lewe op gemors. 

Al oplossing is eerder om in die groot gat te gaan spring. ‘n Traan loop langs Boeta se wang af. 

Waarheen nou vir Boeta? 

WORD VERVOLG:

Gaan terug na episode 1

Lees episode 3

Kopiereg © 2019 deur Eric Kok. Teks: Eric Kok. Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie [teks, illustrasies, mag op enige manier voortgebring word sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van die eienaar van Roodepan Stories, Eric Kok, nie.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief