Boeta beweeg vinnig na die oop deur en vries onmiddellik. Sy mond val oop…. Hy vries.
Op die vloer lê aunt Patricia. Leeroy trap met sy voet op haar wang. Dit lyk of sy in pyn is.
Boeta kyk na Wilson wat eenkant staan. Hy het ‘n bruin sykous oor sy gesig getrek. Boeta onthou dat hy nie daar moes gewees het nie en steek sy gesig met hand weg. Hy loer deur sy vingers.
“He bra wat gaan aan…” vra Boeta geskok.
Wilson kyk na Leeroy.
Leeroy kyk op na Boeta.
“Die heks wili sê waa is die geld nie.” Leeroy haal ‘n swart sykous uit sy sak en gooi dit vir Boeta wat dit vang.
“Waa is Angelo?”
“Hy soek die geld.” sê Wilson.
Boeta kyk rond.
“En Cindy?”
“Is net die heks wat hie is.” antwoord Leeroy.
“En as sy nie nou praat nie dan blas ek haa nou!” Leeroy druk die pistool teen aunt Patricia se kop.
Boeta stoot hom van haar af weg.
“Is jy mal!”
Leeroy kry sy balans terug.
“Wat maak jy!” vra hy gluur vir Boeta aan.
Boeta bal sy vuiste.
“Ons het gesê niemand gaan seerkry nie.”
“Hey ouens…”
Al drie kyk op.
Angelo staan in die gang. Hy staan met ‘n ou skooltas.
“Die zak was in die ceiling.”
“Laat ons waai.” Leeroy spring oor Aunt Patricia en vlieg uit by die deur.
“Ouens.” roep hy weer en die ander twee volg hom.
Boeta staan en kyk na aunt Patricia wat begin hardop huil. Hy kry haar jammer. ‘n hand gryp hom skielik aan sy arm.
“Kom bra.” sê Wilson en trek hom weg.
Hulle hardloop uit by die oop hek en af met die donker straat.
“Waa is daai ouens?” vra Boeta uitasem.
“Vooruit.”
Die twee draai in ‘n ander straat af en hardloop in die rigting van die ou winkel.
Deur die vullis en op met die trappe
Glas stukkies kraak en breek onder hulle sole.
Op die tweede vloer sit Angelo en Leeroy naby die vuur. Hulle lag en gesels met mekaar.
Boeta stap reguit na Leeroy toe.
“Jy!” sê Boeta woedend.
Angelo sien daar kom moeilikheid staan vinnig op. Hy keer vir Boeta.
“Hey bra, raai hoeveel het ons gemaak bra…”
Boeta stop en kyk na Angelo. Sy oë blink.
“…Sewe en dertig duisend bra. DUISEND.”
Leeroy staan ook op en grinnik.
“Daai beteken elke man kry omtrent… Uhm…” Leeroy werk eers die som uit.
“Omtrent nege duisend.” antwoord Wilson en kom staan langs aan Boeta.
“JA.ONS IS RYK.” Angelo is so opgewonde hy spring op en af.
Die bedrag laat vir Boeta glimlag maar tog voel hy sleg oor aunt Patricia.
“Hey bra hoor jy nie hoeveel zak het jy nie…” vra Wilson en skud vir Boeta.
“Ek het julle gesê. See what happens when you listen to Roy Boy…”
Angelo tel die geld af en gee ‘n rol daarvan vir Boeta.
“Hies jou cut bra.”
Boeta vat die geld. Dus ‘n klomp honderd en twee honderd rand note. Hyt nog nooit in sy lewe so baie geld op een slag gehad nie.
“Wat contribute ons om te celebrate?” vra Leeroy.
“Ons gaan da ou Top se plek.”
Boeta sit die geld in sy sak.
“Ouens Ek dink gaan maa jaard toe…”
“Ne pa.. Hoe praat jy nou?” Wilson staan sy geld af.
Boeta dink vinnig aan ‘n verskoning.
“Ek…Ek voel nie nxa nie.”
“Kom moenie so weesie. Ons blom net met ‘n paar biere…”
“Watte bier…” sê Leeroy hard op.
“Vanaand suip ek whiskey!” Hy begin lag en Angelo lag saam.
Wilson ignoreer die twee.
“Kom bra dit salie nxa wees sonder jou nie…”
Boeta wil nee sê. As hy laat kom by die huis gaan sy Ma weer op sy kop raas.
“Okay. Fine.”
By Tops se tavern koop Leeroy en Angelo soveel bier dat die res op vloer langs hulle staan. ‘n stuk van vyf meisies sit by hulle se tafel. Die een wil meer uitspattig as die ander een wees.
Leeroy sit met twee meisies langs hom. Angelo verdwyn elke nou en dan met sy meisie om die hoek en Wilson gee meer aandag aan Boeta as die meisie langsaan hom.
“He Pa… Wat is fout man?” vra hy vir Boeta.
Boeta sê niks hy kyk stip na Leeroy wat kliphard spog hoe hy die tafels donker kan maak.
Boeta draai na Wilson.
“Praat met die man bra. Hy sal maak dat die agterdogtig raak.”
Wilson vat nog ‘n sluk van sy bier.
“Hy geniet hom net bra. Los hom.”
Wilson kyk na Boeta se glas bier wat nog half is. Wilson sit sy glas neer en leun nader aan Boeta.
“Bra ek weet jy isi happy met hoe Leeroy dinge gehandle hetie but ons het almal saam gestem en sy plan het gewerk…” sê hy in ‘n fluister stem.
Drie mans sit by ‘n tafel en drink een bier. Elke nou en dan kyk hulle na Boeta hulle.
“Sien jy van wat praat ek.” sê Boeta en wys vir Wilson met sy oë.
Wilson loer in die drie mans se rigting. Hulle kyk weg en dit lyk asof hulle iets vir mekaar sê.
Wilson slaan hard op die tafel. Die bierbottels klap teen mekaar.
“Hey, hey Leeroy!”
Leeroy hou gesels en kyk vir Wilson aan.
“Wat?”
“Hou nou op.”
WORD VERVOLG.
Kopiereg © 2019 deur Eric Kok. Teks: Eric Kok. Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie [teks, illustrasies, mag op enige manier voortgebring word sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van die eienaar van Roodepan Stories, Eric Kok, nie.