Dit het gekos dat Wilson vir Leeroy eenkant trek en met hom praat. Van waardeer Boeta sit kan hy sien dat die twee stry. Wilson druk vir Leeroy teen die muur vas en wys hom meter sy vinger. Leeroy klap Wilson se hand weg en Wilson gryp hom aan sy collar.
“HEY. HEY. DAN MOET JULLE LOOP HIESO. DAA WORD NIE NONSENS IN MY PLEK GEMAAK NIE.” Oom Tops kom agter die toonbank uitgeskuif. Sy groot mag skuur teen die hout deurtjie en hy sit vir ‘n kort oomblik vas.
“HEY HEY…” skel hy aan een. Sy vet hande waai in die lug.
Wilson en Leeroy beweeg vinnig weg. Almal weet Oom Tops is bang vir niemand. Hyt een tyd sommer ‘n groep moeilikheid makkers alleen uit sy tavern baklei. Die polisie het hulle net kom oplaai.
“KYK HIE SOMMER UIT.” Oom Tops kom nader. Hy lyk nou meer solo’s ‘n kwaai bulldog.
Wilson probeer stry.
“Oaw Oom Tops…”
“Oom Tops se gat. Uit!”
Boeta staan op van die tafel af en tik vir Angelo wat nog sit en vry op sy skouer.
“Kom ons loop bra.” Hy wys vir Angelo met sy oë daar is moeilikheid. Angelo wil eers die meisie se nommer kry.
Die ander meisies kyk vraend vir Boeta.
“Nou wantoe gaan die party nou?” vra een van hulle.
“Die party is uit.” sê Boeta en stap weg. Hy wag nie vir Angelo nie.
Buite kry hy vir Wilson en Leeroy. Hulle lyk soos twee weeskinders.
“Oom Tops kan sy warm bier hou man.” skel Leeroy. Hy hang aan die draad. Wilson lyk glad nie gelukkig nie.
“Kyk nou wat maak die man.” kla hy.
Boeta wil so graag sê.
“Ek het jou gesê.” maar hy besluit om eerder stil te bly. Hy lankal nie meer lus vir sy vriende se geselskap nie.
“Kom laat ons once net loop ouens.” sê hy eerder.
Angelo kom uit die tavern met die hele groepie meisies. Twee van hulle hang aan sy arms.
“Leeroy skat…” roep die skraal ene en draf staf nader.
Leeroy draai net daa om en stap stywe nek weg.
“Kom ons march ouens.” roep hy.
Wilson gee sy meisie ‘n nat soen en volg vir Leeroy.
Boeta loop ‘n entjie agter die twee aan. Hy kyk terug en sien die groepie meisies staan op die sypaadjie voor Tops se tavern.
Shame, dink hy.
“Heh ouens wag daaso.”
Angelo kom aangehardloop en stap langs Boeta.
“‘n man wil nog geblom het bra. Wat gaan aan?”
Iets trek Boeta se aandag en hy kyk vinnig om. Net soos wat hulle om die draai stap in ‘n ander straat sien hy drie figure wat stadig agter hulle aanloop.
Sy hart begin vinniger klop. Dus die drie van vroeër in die tavern.
Angelo’s loop en kla nog heeltyd.
“… Net wat dit nxa raak. ‘n man het amper gescore kaow…”
Boeta probeer Angelo se aandag trek maar hy is in sy eie wêreld.
Die drie mans volg hulle nog altyd.
Boeta tel spoed op.
“En nou as jy my nou wegloop bra…”
Boeta stap aan. Hy moet vir Wilson hulle waarsku sonder om die agtervolgers bewus te maak.
Angelo is nog heeltyd aan die praat. Hy probeer by hou met Boeta se spoed.
“Willa…” sê Boeta hard genoeg sodat Wilson kan hoor. Hy stry alweer met Leeroy wat loop en slinger.
“Willa…” roep Boeta weer en kyk om.
Een van die mans het verdwyn. Die ander hou hulle distansie.
Boeta kyk vinnig rond en soek met sy oë na die ander een wat iewers in die donker vir homself wegsteek.
Iets blink vlieg vinnig verby sy gesig.
Woosh!
“Heh bra!”
Die slag van ‘n bottel wat breek klink iewers teen die teerpad.
Boeta en Angelo vries altwee in hulle spore. Angelo se oë is groot.
“Wat gaan nou aan?”
Nog ‘n bottel ontplof naby hulle en die glas spat in skerwe.
“Eina!” skreeu Angelo.
Boeta kyk af en sien die bloed streep teen Angelo se been.
Wilson verskyn skielik hier tussen hulle.
“He pa! Wat gat aan… Hoekom lyk die man nou so?”
Boetak kyk vinnig om. Die twee figure het verdwyn.
Word Vervolg.
Kopiereg © 2019 deur Eric Kok. Teks: Eric Kok. Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie [teks, illustrasies, mag op enige manier voortgebring word sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van die eienaar van Roodepan Stories, Eric Kok, nie.