Brand in Mallettstraat

Lees ook :

KIMBERLEY – “Kom gou, my buurman se huis is aan die brand!” Omstreeks 11:15 op 1 Februarie het ’n inwoner in Mallettstraat die brandweer geskakel.

 FiND iT was op die toneel.

Die buurman sê: “Ek was nog besig om in my motorhuis te werk toe ek ruik iets brand. Dit het soos plastiek geruik wat smelt. Ek het net ’n rokie in die lug gesien en my tuinslang gegryp. Ek en my buurman kon darem ’n gedeelte van die vuur blus.”

Die afdak wat aan die huis grens het vlamgevat. Die huis het darem nie skade opgedoen nie. Nooddienste was vinnig op die toneel.

Niemand is in die brand beseer nie.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief