Brandstigters wees gewaarsku – jy kan vervolg word

Lees ook :

KIMBERLEY – Die brandweer in Kimberley sê brandstigters wat ongekontroleerde vure begin, kan vervolg word.

Riaan Janse van Vuuren van die brandweer sê die maak van enige vuur, behalwe vir kos of verhitting, in goedgekeurde houers, soos by ‘n braai, is onwettig. Daar kan teen persone opgetree word wat vir enige ander doel of sonder die nodige houer ’n vuur begin.

’n Inwoner van Beaconsfield sê sy is verlede week een oggend omstreeks 3:45 deur haar honde wakker geblaf. Sy het ondersoek ingestel en ’n vuur in die veld naby haar huis opgemerk. Sy sê sy het die persoon gesien wat die vuur begin het, maar dit was te donker om hom uit te ken.

FiND iT het deur die stad gery en het ook tuinvullis in Kenilworthstraat gevind wat gedeeltelik uitgebrand is.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief