Bushy Oliver, wat bekend is by Griekwas-rugby, sê sy rooi Toyota Corolla is na bewering by die New Park-inkopiesentrum gesteel.
Sy voertuig met registrasienommer BFL908NC is laas omstreeks 16:00 by die sentrum gesien. Bushy sê hy het die deure gesluit waarna hy die bank en verskeie ander winkels in die sentrum besoek het.
Bushy sê daar het dusver geen ooggetuies na vore gekom nie, maar hy vertrou Kimberley se inwoners wat sy rooi “karretjie” ken en dit sal opmerk.