Caritas daag jou uit om bloed te skenk!

Lees ook :

Op Vrydag 15 Maart hou Caritas in samewerking met die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) ‘n blood drive.

Elke Kimberliet – individue, vriende en familie – word uitgedaag om deel te neem aan die broodnodige projek.

Volgens Esté van der Merwe, bemarkingsbestuurder van Caritas, is daar tans ‘n geweldige bloed tekort aan bloed in Kimberley. “Omdat bloed nie vir lang tydperke in voorraad gehou kan word nie, benodig die SANBD gereelde skenkings wat van kritieke belang is.”

Die SANBD sê dat die bloed veral gebruik word vir kankerpasiënte en vroue wat baie bloed verloor wanneer hulle geboorte gee.

Kom ondersteun gerus die SANBD by Caritas-gemeenskapsfokus.

Wanneer? Vrydag 15 Maart 2019

Hoe laat? 09:00 – 13:00

Waar? Caritas-konferensiefasiliteit Lawsonstraat 72 Labram Kimberley

Vir meer inligting kontak gerus vir Sandra by 087 150 5041/3

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief