Cheetah sterspeler geskors na hy neus uitsnuit op speler

Lees ook :

Nico Lee, Cheetah-senter, is vir 13 weke van wedstryde geskors nadat hy sy neus uitgesnuit het op ‘n Connacht-teenstander in Saterdag se Pro14-wedstryd in Galway, Ierland. Dit beteken ook die einde van sy Pro14-wedstryde.

Lee is tans op pad terug Bloemfontein toe. Hy is tot 21 Julie geskors en sal ook wedstryde na die Pro14-reeks misloop omdat sy straf 13 wedstryde beloop wat altesaam 22 weke is. Die eindstryd van die Pro14-reeks vind op 25 Mei plaas.

‘n Kort video doen die rondte op sosiale media waar Lee in die 64ste minuut van die losgemaal sy neus uitsnuit op die flank Colby Fainga’a.

Die Cheetahs gaan nie in die stadium teen die skorsing appelleer nie.

Pro14 reageer op insident

Pro14 het intussen ‘n verklaring uitgereik waarin hulle sê dat “dit geen plek het in rugby nie en moet gestraf word.”.

Luidens die verklaring het Lee aanvaar dat hy sy neus op ‘n teenstander se gesig uitgesnuit het en hom aan ongeoorloofde spel skuldig gemaak het.

Cheetah-verklaring

Die Vrystaat -rugbyunie het ook intussen op die voorval gereageer en ‘n verklaring uitgereik.

“Die onsportief gedrag word in ‘n baie ernstige lig gesien. Die Toyota Cheetahs veroordeel hierdie gedrag wat nie deel van die spankultuur is nie en aanvaar die straf.

Nico is ‘n sterspeler en volgens inligting van die span betreur hy sy gedrag en het hy onmiddellik ná die wedstryd vir die teenstander (Fainga’a) om verskoning gevra.  

Die Toyota Cheetahs besef dat hy berou het oor sy gedrag en die span aanvaar die verskoning,” lui die verklaring

Lee se plaasvervanger, Benhard Janse van Rensburg, sal Sondag by die Cheetahs in Wallis aansluit, voor die wedstryd teen Scarlets in Llanelli.

Lee vra om verskoning

Janse van Rensburg het in Bloemfontein agtergebly met die Cheetahs se vertrek na Ierland omdat hy nog van harsingskudding herstel het en sy herstelprogram voltooi het.

Lee het ‘n beeldgreep op sosiale media geplaas waarin hy om verskoning vra.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App