Cosatu betoog teen werkverlies

Lees ook :

Die federasie van vakbonde in Suid-Afrika het vanoggend 13 Februarie 2019 in Kimberley teen werksverlies en korrupsie betoog.

Cosatu dring aan op die vervolging van direkteure, individue en politici wie by staatskaping betrokke is en vereis ook die afdanking van leiers van verskeie staatsdepartemente onder andere, die departement van gesondheid, onderwys sowel as by die provinsiale wetgewer, wat by korrupsie impliseer is.

Freda Oosthuysen, tesourier-generaal van Cosatu, sê korrupsie is algemeen in die Noord-Kaap en is ook bekommerd oor die privatisering van Eskom omrede dit meer werkverlies kan veroorsaak.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief