DA-aktivis deur ANC-lede aangeval

Lees ook :

Foto: https://www.publicnewshub.com/anc-vs-da-nkandla-sms-ayisafani-advert/

’n DA-aktivis is Sondag deur ANC-lede in Richie aangeval, waartydens sy gekrap is en haar hare uitgetrek is.

Geen saaknommer ontvang nie

Volgens Andrew Louw, premierskandidaat van die Noord-Kaap, het die aktivis ’n saak by die  Modderriver-polisiestasie oopgemaak en haar verklaring op dieselfde dag ingedien, maar is sy nie ‘n saaknommer gegee nie. Sy het die Maandag teruggekeer na die polisiestasie om haar saaknommer te kry, maar niemand by die stasie was bewus van die voorval nie en dit was duidelik dat haar verklaring nooit deur die beampte voorgelê is nie.

Tweede aanval in een maand

“Dit is die tweede voorval in net meer as ’n maand, waar gesien kan word dat die polisie eerder besluit om polities-gedrewe geweld in die Noord-Kaap te ignoreer. Aan die begin van Maart is twee DA-aktiviste van Bankhara genader deur ‘n ANC-ondersteuner wat hulle daarvan beskuldig het dat hulle uitverkoop is en “vir die Boere werk”. Hy het ons aktiviste aangeval met ‘n panga en ‘n rubberstok wat hulle ernstig beseer het.”

“Toe ons aktiviste die saak by die plaaslike polisie aangemeld het, het die beampte geweier om aanklagte van intimidasie en aanranding oop te maak. Die enigste hulp wat ons aktiviste ontvang het, was ‘n J88-vorm wat die plaaslike kliniek geweier het om te voltooi, aangesien daar geen saaknommer op die dokument was nie. Teen hierdie tyd was dit te laat om terug te keer na die polisie. Die volgende oggend is ons aktiviste in hegtenis geneem en is daar op hoë vlak ingrypings nodig om hulle te bevry, en om ‘n versekering te kry dat die werklike oortreders aangekla sal word”, sê Louw.

“Die nuutste voorval beklemtoon weer eens waarom dit so belangrik is dat ons ‘n polisiemag het wat sonder vrees of guns dien.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App