Die DA Team One SA besoek die informele delwers om vas te stel watse probleme hulle ondervind.
Op Maandag 14 Januarie het die DA Team One SA-woordvoerders oor toegang tot werk, Geordin Hill-Lewis, Misdaad, John Steenhuisen en Secure Borders, Jacques Julius, vergesel deur die DA Noord-Kaapse provinsiale voorsitter, Harold McGluwa, ’n oorsiginspeksie uitgevoer van die informele delwerye in die Kimberley-omgewing met betrekking tot uitdagings wat deur dié mynbedryf in die gesig gestaar word.
Een van die myners by die kamp het met die DA-span gepraat en sy het verduidelik dat hulle nie toegang tot basiese dienslewering het in die kamp nie. “Hier bly meer as 2 000 mense in die kamp, hier is net een kraan en ons moet die bossies gebruik, dit is gevaarlik vir ’n vrou,” sê Elisa. Die myners voel ook onveilig omdat daar glo so baie misdaad in die kamp is, onder andere dwelms, verkragting, prostetiese, geweld en diefstal. “Die polisie kom nie dadelik uit as ons hulle bel wanneer hier iets gebeur nie, ons sukkel ook met ambulansdienste.” Die gemeenskap sê daar is ook ’n behoefte aan ’n mobiele kliniek. Elisa sê alles was in orde vir sanitêre geriewe voordat die voormalige burgemeester bedank het, nou moet die proses van voor af gedoen word. Geordin is van mening dat dit gevaarlik is vir vroue om in die aand uit te gaan in die bosse omdat daar nie toiletgeriewe is nie. In al die kampe in en rondom Kimberley is daar ’n geraamde 20 000 mense.