DA kondig sewe nuwe wyksraadslidkandidate aan

Lees ook :

Andrew Louw, DA-premierskandidaat van die Noord-Kaap, het sewe kandidate aangewys vir die komende tussenverkiesing.

Die LUR van gesondheid in die Wes-Kaap en ook woordvoerder van vroue van DA Team One South Africa, Nomafrench Mbombo, asook Solly Malatsie, woordvoerder van DA Team One South Africa, was by die bekendstelling teenwoordig.

“Oor die afgelope jaar het inwoners al hoe meer ongelukkig en ontevrede geword met die rigting waarin die ANC vir Sol Plaatje-munisipaliteit geneem het. Ons sprankelende stad dra nog die letsels van die burgerlike onrus. Besighede tel nog die kostes van die shutdowns en daar is nog geen stabiliteit by die raad nie. Die tussenverkiesing bied ’n geleentheid vir inwoners om ’n verandering te bring wat inwoners eerste plaas. Selfs met Patrick Mabilo aan te stuur bly die ANC ’n gebreekte masjien wat nie in staat is om die munisipaliteit te ontwikkel, werkskepping te bevorder of basiese munisipale dienste te lewer nie,” sê Louw.

Ontmoet die sewe wyksraadslidkandidate:

    null
  • Wyk 9: Catherine du Plessis. Catherine is passievol oor werkskepping en om onreëlmatige aanstellings stop te sit, asook die waardigheid van vroue te beskerm.
  • Wyk 11: George du Plooy. George wil basiese dienslewering in sy wyk verbeter.
  • Wyk 12: Lebogang Maruping. Lebogang was n voormalige kandidaat van dieselfde wyk. Hy is ’n jong aktivis wat baie betrokke en aktief by die DA is. Hy sal doelgedrewe werk om korrupsie te bekamp.
  • Wyk 13: Jeffrey Fembers. Jeffrey is ’n aktiewe leier van die gemeenskap en het ondervinding in die oplossing van probleme in sy area. Hy is entoesiasties om dienslewering en werkskepping te verbeter. Armoede is ’n groot probleem in sy wyk.
  • Wyk 16: Max Kajarra. Max is al vir baie lank by die DA betrokke. Hy is gefokus om basiese dienste aan almal moontlik te maak. Hy wil verseker dat geleenthede vir sy wyk geskep word.
  • Wyk 19: Tebogo Molusi. Tebogo is ’n jong leier wat passievol is om vir die jeug geleenthede te skep. Hy moedig jongmense aan om te registreer en om by politiek betrokke te raak om die land te verander.
  • Wyk 32: Hansie Sibongo. As ’n jongman glo Hansie dit is uiters belangrik om werksgeleenthede vir die jeug te skep, omrede baie jongmense van Platfontein van geleenthede uitgesluit word.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App