Daaglikse betogings ruk TVET-kollege

Lees ook :

NEHAWU het vanoggend 20 Februarie 2019 op ’n nasionale vlak ’n beskermde protesaksie georganiseer en uitgevoer.

Sedert Donderdag verlede week het studente en dosente van verskeie TVET-kolleges in Kimberley elke dag by verskeie TVET-kolleges geprotesteer. ’n Interdik teen ’n handvol van die studente en dosente is gister in die hooggeregshof goedgekeur wat die respondente verhoed om in protesaksies teen TVET-kolleges deel te neem of  aan te hits.  “Die gereelde protesaksies het veroorsaak dat nasionale eksamens nie kan voortgaan nie en nou ly ons studente daaronder.  Ons het van verlede week Donderdag elke dag protesaksies by verskeie TVET-kolleges in Kimberley, asook voor die kantoor van TVET-kolleges in die Noord-Kaap ervaar,” het een van die werkers voor die kantoor van TVET-kolleges in die Noord-Kaap aan FiND iT gesê.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief