Sol Plaatje-universiteit (SPU) se datawetenskap-honneursprogram het die jaar op ’n hoë noot begin, sê die universiteit nadat die minister van ekonomiese ontwikkeling, Ebrahim Patel, vermelding aan SPU tydens die staatsrede in Februarie 2019 gemaak het.
SPU blink uit by SOPA
Patel het die behoefte aan nuwe vaardighede in die veld van datawetenskap uitgelig en het ook uitgewys hoe SPU-studente soos Atsile Itumeleng, ’n datawetenskap-honneursstudent, bemagtig.
Eerste universiteit in Afrika om hierdie program aan te bied
Atsile sê die vermelding was onverwags en het groot druk op hom geplaas om te presteer: “Dit is regtig ’n goeie begin vir ons ‘nuwe’ universiteit wat die eerste universiteit in Afrika is om hierdie program aan te bied. Boonop blink die universiteit op die regte tyd uit, wanneer daar ’n behoefte aan vaardighede in die veld van datawetenskap is.”
“Datawetenskap omvat verskeie velde en dit help vaardighede bou en terselfdertyd inspireer dit innovasie, lok beleggers en maak nuwe deure oop vir studente,” verduidelik Atsile.