Leerders van Laerskool Staats, wat die naweek aan die finale ronde van die Artisticulta-redenaarskompetisie in Pretoria deelneem, is vandag sterkte toegewens deur lede van die departement van onderwys.
Die LUR vir onderwys, mnr. McCollen Jack, sou die goeie wense oordra, maar kon ongelukkig nie teenwoordig wees nie. Dr. Lebogang Moremedi, Geoffrey van der Merwe en Esley Kistoo het die departement teenwoordig.