Derick Hougaard (36), die liefling van rugby, is deur sy meisie van die afgelope 20 maande, die sangeres Nadine, in ‘n hotelkamer saam met ‘n blondine betrap.
Foto verskaf deur Huisgenoot.
Foto verskaf deur Huisgenoot.
Huisgenoot berig Hougaard en die blondine was kort na middernag op Saterdag, 16 Maart by die Skyline-kroeg in Pretoria van die Protea-hotel in Loftuspark, waar hulle saam mengeldrankies geniet het.
Kort nadat die foto’s van Hougaard en die blondine geneem is, het Nadine die twee glo saam in ‘n kamer van die vierster hotel betrap.
Die blondine is in haar 20’s en ‘n bemarkingsassistent.
Foto verskaf deur Huisgenoot.
Volgens Derick het hy en die blondine mekaar op die dag van die voorval ontmoet. Hy was glo vroeër die middag (Vrydag) by ‘n restaurant in die Loftuspark-winkelsentrum om met ‘n sakevriend oor sy skop skool te gesels.
Daar word verneem dat die blondine saamgenooi is na die afspraak omdat sy nou saam met hulle sou werk.
Na die afspraak is Derick toe saam met “mense” na die hotel om verder daar te gaan kuier. Hy het glo vir Nadine saamgenooi maar sy was nie lus vir uitgaan nie omdat sy ‘n rowwe week agter die rug gehad het.
Derick het Nadine glo belowe dat hy teen 20:00 by die huis sou wees. ‘n Rasende bekommerde Nadine kon Derick vir ‘n geruime tyd nie in die hande kry nie. Sy is toe die Saterdagoggend na die hotel waar sy die twee saam in die hotelkamer getrap het.
Foto verskaf deur Huisgenoot.
Derick was glo geklee in sy hemp en onderbroek en die blondine het dieselfde rokkie van die vorige aand aangehad.
Na bewering was daar ‘n hewige uitval in die hotelkamer.
“Nadine het geglo Derick is haar trouman. Sy was geskok oor wat gebeur het,” het ‘n anonieme bron aan Huisgenoot vertel.
Na die betrapping is Nadine weg by die hotel, maar het glo later die Saterdagmiddag saam met haar ma wat ook haar bestuurder is, teruggekeer.
Daar het hulle Derick en die blondine steeds in dieselfde kamer aangetref.
“Ons gaan bitter moeilik deur die ding kom. Ek twyfel of daar nog hoop is. Nadine is kwaad vir my met alle reg,” het Derick per WhatsApp aan Huisgenoot gesê.
Derick het glo erken dat hy dronk was, maar “dat hy nie veel van die aand kan onthou nie.”
Hy ontken wel dat hy Nadine verneuk het of ooit sou verneuk. “Ek kan verstaan dat sy seergemaak en kwaad voel.”
Volgens Derick het die blondine hom om veiligheidsredes na die hotelkamer geneem om daar te oornag. Hy se die blondine wou hê hy moes eerder daar slaap as om in sy toestand huistoe te ry.
“As sy so bekommerd oor Derick was, hoekom het sy nie’ n Uber vir hom gereël nie, “ vra Nadine
By navrae wou Nadine se ma nie aan FiND iT kommentaar lewer nie en vra dat ons Nadine se privaatheid sal respekteer.
Bron: www.huisgenoot.com