DHS-atlete presteer

Lees ook :

Gedurende die Maart-vakansie het atlete van die Hoërskool Diamantveld aan die Suid-Afrikaanse skole-atletiekkampioenskappe in Port-Elizabeth deelgeneem.

Hier is hulle prestasies:

• Stiaan le Roux (seuns 0/19) verower ’n brons medalje in hamergooi met ’n afstand van 53,68 m.

• Gareth Bosman (seuns 0/15) verower ’n brons medalje in hoogspring met ’n hoogte van 1,85 m.

• Ruan le Roux (seuns 0/15) eindig 7de in die hamergooi finaal met ’n afstand van 38,26 m.

• Maricelle Krüger (dogters 0/15) eindig 9de in die 1500m finaal met ’n tyd van 4:53.52. In die uitdunne van die 1500m verbeter sy Griekwaland-Wes se atletiekrekord vir dogters 0/15. Sy eindig ook 6de in haar 800m-uitdun in ’n tyd van 2:21.42.

• Henrico Badenhorst (seuns 0/17) eindig 8ste in sy 800m-uitdun in ’n tyd van 2:02.68.

• Ruan Watts (seuns 0/15) eindig 11de in die spiesgooi finaal met ’n afstand van 44,60 m. Hy eindig ook 6de in sy uitdun in die 300m-hekkies met ’n tyd van 42,15 s.

• Hannes Burger (seuns 0/15) eindig 7de in sy 100m-uitdun met ’n tyd van 11.89 s.
Hy eindig ook 6de in sy 200m-uitdun in ’n tyd van 24,15 s en 5de in sy 400m uitdun met ’n tyd van 54,91 s.

• Alwyn Odendaal (seuns 0/15) het meegeding in die finaal van die hamergooi.

Atletiek Suid-Afrika jeug (0/18) en junior kampioenskappe (0/20)

Die volgende atlete het aan Suid-Afrika se Jeug en Junior Kampioenskappe atletiek in die Paarl deelgemeen.

Hier is hulle prestasies:

• Stiaan le Roux neem deel in die 0/20 (junior) afdeling en behaal ’n 4de plek in die hamergooi met ’n afstand van 60,03 m.

• Henrico Badenhorst neem deel in die 0/18-jeugafdeling en behaal ’n 6de plek in sy 800m uitdun in ’n tyd van 2:01.96.

• Marizaan Ferreira neem deel in die 0/18-jeugafdeling en behaal ’n 6de plek in haar 400 m uitdun in ’n tyd van 1:00.04.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief