DHS-atlete presteer

Lees ook :

Gedurende die Maart-vakansie het atlete van die Hoërskool Diamantveld aan die Suid-Afrikaanse skole-atletiekkampioenskappe in Port-Elizabeth deelgeneem.

Hier is hulle prestasies:

• Stiaan le Roux (seuns 0/19) verower ’n brons medalje in hamergooi met ’n afstand van 53,68 m.

• Gareth Bosman (seuns 0/15) verower ’n brons medalje in hoogspring met ’n hoogte van 1,85 m.

• Ruan le Roux (seuns 0/15) eindig 7de in die hamergooi finaal met ’n afstand van 38,26 m.

• Maricelle Krüger (dogters 0/15) eindig 9de in die 1500m finaal met ’n tyd van 4:53.52. In die uitdunne van die 1500m verbeter sy Griekwaland-Wes se atletiekrekord vir dogters 0/15. Sy eindig ook 6de in haar 800m-uitdun in ’n tyd van 2:21.42.

• Henrico Badenhorst (seuns 0/17) eindig 8ste in sy 800m-uitdun in ’n tyd van 2:02.68.

• Ruan Watts (seuns 0/15) eindig 11de in die spiesgooi finaal met ’n afstand van 44,60 m. Hy eindig ook 6de in sy uitdun in die 300m-hekkies met ’n tyd van 42,15 s.

• Hannes Burger (seuns 0/15) eindig 7de in sy 100m-uitdun met ’n tyd van 11.89 s.
Hy eindig ook 6de in sy 200m-uitdun in ’n tyd van 24,15 s en 5de in sy 400m uitdun met ’n tyd van 54,91 s.

• Alwyn Odendaal (seuns 0/15) het meegeding in die finaal van die hamergooi.

Atletiek Suid-Afrika jeug (0/18) en junior kampioenskappe (0/20)

Die volgende atlete het aan Suid-Afrika se Jeug en Junior Kampioenskappe atletiek in die Paarl deelgemeen.

Hier is hulle prestasies:

• Stiaan le Roux neem deel in die 0/20 (junior) afdeling en behaal ’n 4de plek in die hamergooi met ’n afstand van 60,03 m.

• Henrico Badenhorst neem deel in die 0/18-jeugafdeling en behaal ’n 6de plek in sy 800m uitdun in ’n tyd van 2:01.96.

• Marizaan Ferreira neem deel in die 0/18-jeugafdeling en behaal ’n 6de plek in haar 400 m uitdun in ’n tyd van 1:00.04.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief