Die mense voor MacDougalstraat 2

Lees ook :

Foto: Tania Coetzee
Foto: Tania Coetzee

’n Dispuut is tans aan die gang oor die eiendom van MacDougalstraat 2 in Kimberley.

Die inwoners van dié huis is op 3 April 2019 met hulle meubels en huisinhoud uit die huis gesit terwyl hulle na bewering nie by die huis was nie.

Dié uitsettingsbevel is glo deur die balju van ‘n ander dorp gedoen, maar volgens die balju in Kimberley was daar reeds ’n bevel in plek wat die inwoners tot Dinsdag kans gegee het om uit te trek.

Die inwoners het gisteraand in ’n motor voor die huis geslaap, omdat hulle bang was hulle huisinhoud word gesteel en hulle nêrens gehad het om te gaan nie. Alles het in die storm natgereën. Daar is ‘n man in die huis self, wat nie met FiND iT se besoek aan die eiendom uit die erf gekom het nie.

Volgens die titelakte behoort die huis aan André Jacobus en Noelene Schreuder.

’n Aansoek word by die Noord-Kaapse hooggeregshof ingedien oor dié dispuut. FiND iT hou jou op hoogte.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief