Die Sanlam-kankeruitdaging

Lees ook :

Die Sanlam-kankeruitdaging, waar fondse ingesamel word vir Kansa, by die Magersfonein Memorial Golf Klub, is weer die naweek hier aangebied.

“Dis altyd lekker om so baie mense te sien bydra vir ‘n goeie saak en terselfde tyd hulself te geniet”, sê Wouter Liebenberg, bestuurder van CLR Electrical in Kimberley. “Dis bloot vir ‘n goeie saak, daarom borg ons dit”, sê hy. Wouter het ook bevestig dat hulle ‘n 32” LED TV en ‘n King Comfort bed van hul nuwe beddens-afdeling as deel van die pryse geborg het.

Magersfontein Memorial Golf Klub

“Die Magersfontein Memorial Golf Klub is reeds vir ‘n hele klompie jare betrokke by die Sanlam-kankeruitdaging”, sê Andries van der Merwe van Kansa. “Regter Hennie Lacock en adv. Lizanne van Niekerk, beide huiseienaars op Magersfontein Memorial Golf Landgoed, het in 2014 betrokke geraak by die dag en hulle daarop begin toespits om bewusmaking op die dag te kweek oor kanker en ook om meer fondse in te samel. Vanaf 2007 tot en met 2018 het die Magersfontein Memorial Golf Klub die prys gewen vir die klub wat die meeste fondse ingesamel het in Suid-Afrika”, sê hy.
“Die klub het elke jaar vanaf 2014 meer ingesamel as die vorige jaar en in 2018 is ‘n rekord bedrag van R478 442.00 ingesamel. Ons het met al die vorige jare ons nie een jaar daarop toegespits om die meeste fondse in die land in te samel nie, maar het elke jaar net harder gewerk omdat ons ‘n verskil wou maak in kanker pasiënte se lewens. Soos die vorige jaar, hoop ons dat ons hierdie jaar weer in staat sal wees om dieselfde te doen.”

Borge en pryse

“Daar was hierdie jaar 49 borge, waarvan ons ses groot borge gehad het genaamd Horseshoe Inn, Airport Hotel, Kalahari Lodge, Vermeulens Build It, Blaauwklippen, Wildeklawer en Magersfontein Memorial Golf Estate. Daar is verskeie pryse wat gewen kon word. Sanlam borg elke jaar pryse. Hierdie jaar het die pryse ingesluit ‘n “Slow Cooker”, fles en koelsak. Om in aanmerking vir hierdie pryse te kom moet jy as Magersfontein Memorial Gholf Klub lid ‘n wenner in die A-, B- of C-divisie wees. Daar is egter ook pryse vir wenners in die ope klas, d.w.s gholfers wat nie lede van Magersfontein Memorial Golf Klub is nie. Hierdie pryse is vir die mans: ‘n 32” LCD Televisie, ‘n ses bottel wynsak met Whiskey en ‘n drie bottel wynsak met whiskey. Vir die dames is daar ‘n pragtige silwer halsnoer, ‘n geraamde spieël en twee geraamde afdrukke van die skilder, Porchie.
Op die baan het ons ook kompetisies vir die persoon wat naaste aan die pen slaan en ook die verste dryf slaan gehad. Hierdie wenner kry elkeen ‘n gholfhoed en pak gholf balle.”

Groot sukses

Andries sê ook dis ‘n ongelooflike bevredigende gevoel om deel te wees van so suksevolle gholfdag. Daar het 124 gholfers gister gespeel en het ons die aand omgtrent 180 gaste by die prysuitdelingsfunksie en veiling gehad.

Foto voorsien deur Wouter Liebenberg (CLR Electrical)
Foto voorsien deur Wouter Liebenberg (CLR Electrical)
Foto voorsien deur Andries van der Merwe (Kansa)
Foto voorsien deur Andries van der Merwe (Kansa)

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief