Dit gaan goed met weggooi baba

Lees ook :

Dit gaan baie goed met die baba seuntjie wat op 16 Februarie ongeveer 06:00 in ‘n verlate veld in Caters Glen deur ‘n tuinier gevind is.

Wat word van baba?

Volgens Gamiem Abrahams, maatskaplike werker, sal die baba binne die volgende paar dae ontslaan word. “dit gaan baie goed met die baba. Sy gesond verbeter elke dag en hy raak sterker by die dag. Die personeel by die hospitaal kyk baie mooi na hom en hy het van dag een af diep in almal se harte gekruip.”

Hy kan nog nie met sekerheid se waarheen die baba sal gaan nadat hy ontslaan is nie, maar verseker dat die baba in die beste sorg geplaas sal word. “die baba se welstand is ons eerste proriteit.”

Die tuinier beweer hy het sand in die veld gestort toe hy die gehuil van ’n baba gehoor het en ondersoek gaan instel het. Die tuinier het die polisie en ambulans ontbied.

Ma nog opsoek

Kol. Mashay Gamieldien, woordvoerder van die polisie, sê die soektog na die kind se moeder duur voort.”

Enige persoon met meer inligting wat die ondersoek kan help, word aangemoedig om adjunk a.o. Shanele Antonie by 082 302 0468 te skakel. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App