Dit is die maand om ‘n roman te skryf

Lees ook :

Wou jy nog altyd ‘n roman geskryf het? Hierdie maand is jou kans. November is nasionale roman-skryf-maand, bekend as NaNoWriMo. Dit is ‘n jaarlikse internet-gebaseerde kreatiewe-skryfprojek wat gedurende Novembermaand plaasvind.

Deelnemers probeer tussen 1 November en 30 November ‘n manuskrip van 50 000 woorde skryf.  Bekende skrywers skryf pep-talks om deelnemers gemotiveerd te hou gedurende die hele proses. Die webwerf bied deelnemers, genaamd “wrimos”, wenke vir skrywersblok, inligting oor waar plaaslike deelnemers vergader, en ‘n aanlyn gemeenskap van ondersteuning.

Enigiemand kan inskryf en skrywers wat wil deelneem, registreer eers op die projek se webwerf, waar hulle hul profielbesonderhede en inligting oor hul romans, insluitend sinopses en uittreksels, kan plaas.

Hoe het dit begin?

Die vryskutskrywer Chris Baty het die projek in Julie 1999 met 21 deelnemers in die San Francisco Bay-omgewing begin. In 2000 is dit na November verskuif “om die ellendige weer beter te benut” en is ‘n amptelike webwerf begin, ontwerp deur ‘n vriend van Baty.

In 2015 het 431.626 mense (in 633 verskillende streke) aan NaNoWriMo deelgeneem. Meer as 40.000 van die deelnemers het daarin geslaag om die gewenste aantal woorde te skryf.

As jy dink jy het wat dit verg, lees hier hoe om in te skryf.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief