Dit wás ADT

Lees ook :

ADT in Kimberley het inwoners verseker hulle kan ontspan oor ADT-werknemers wat by sommige inwoners se huise aangeklop het.

Inwoners van buurtwag-groepe in die stad het Sondag gesê daar is mans wat by hulle huise aanklop, maar hulle is nie seker of dié mans wel by ADT werk nie.

’n Inwoner van Ashestraat sê drie mans het by haar huis geklop. “Een man het my klokkie gelui en ek het gesê ek stel nie belang nie.” Volgens haar het hy gesê dis “mahala, verniet”.

Werk op ’n Sondag

Tertius Venter-Davies, bestuurder van ADT, sê een van die onafhanklike handelaars van ADT het Sondag in Kimberley gewerk. Hy het bevestig ’n tegniese agent is ook uitgestuur om radio’s uit te haal.
Venter-Davies sê op ’n Sondagmiddag is mense by die huis. “Die onafhanklike handelaars verhuur alarmstelsels aan mense, so jy betaal nie vir die alarm nie. Die handelaars verhuur dit sodat die inwoner dit dan nie hoef te koop nie.”
Venter-Davies sê dié handelaars loop van deur-tot-deur en praat self met die inwoners.

“Moet homself kan identifiseer”

“Die handelaar moet homself kan identifiseer. Hy het ’n kaartjie wat hy moet kan wys. Dit sal wys vanaf watter handelaar hy is. Die Fidelity-logo is ook op die kaartjie. Die T-hemp wat die handelaar aanhet, het ’n logo van Fidelity en ADT op. Hy sal ook ’n identiteitskaartjie by hom hê, met sy naam en sy foto.”

Venter-Davies sê dis te verstane dat mense lugtig en onseker is. “Mense is kwesbaar. Die twee voorvalle het eintlik niks met mekaar te doen nie. Ek dink toe die gemeenskap begin praat onder mekaar het dit verwarring veroorsaak.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App