Drie in hegtenis oor Sassa-kaarte

Lees ook :

KEIMOES. – Drie buitelandse burgers is in hegtenis geneem weens die oortreding van die Nasionale Kredietwet nadat Sassa-kaarte in hulle besit gevind is.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê die misdaadvoorkomingseenheid het gisteraand inligting opgevolg oor snoepwinkel-eienaars wat in besit van Sassa-kaarte en identiteitsdokumente was.

Sers. Schalk Oberholster, konst. Louis Kotze en konst. Vuyo Nxusani het gisteraand omstreeks 20:50 die drie geïdentifiseerde snoepwinkels, wat aan buitelandse burgers behoort, besoek en die persele deursoek.

“Hulle het altesaam 178 pakkies gekry met Sassa-kaarte, asook identiteitsdokumente van gemeenskapslede wat die snoepwinkel-eienaars vermoedelik geld skuld.”

Die drie verdagtes sal binnekort in die Keimoes-landdroshof verskyn.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief