Ry jy die naweek met Jan Tuisbly se karretjie? Dan bied Dronfield natuurreservaat ‘n opwindende uitstappie en wildsrit vir jou hele gesin.
Dronfield natuurreservaat, wat deel is van die De Beers groep, bied 30 Maart, ‘n lieflike opvoedkundige wildrit-pakket vir kinders en volwassenes aan. Dit beloof om hope pret en leersaam te wees.
Die toer begin om 07:00. Almal kom by die voorhek van Dronfield bymekaar. Drinkgoed en peuselhappies maak deel van die wildsrit uit. Middagete in die vorm van ‘n piekniek sal in die reservaat gehou word. Daarna gaan almal aan met die wildsrit. Die voertuig hou ook stil vir ‘n lekker swemsessie waar kinders kan afkoel voor daar vertrek word na die eindpunt van die wildsrit.
Jy kan ook daar slaap en ‘n naweek daarvan maak teen ‘n spesiale prys van slegs R950 vir twee mense en R1100 vir vier mense.
Koste vir die wildsrit beloop R350 per volwassene en R180 per kind. Die dag duur tot 12:00. Om jou plek te bespreek skakel 065 911 4125.